Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soektog na 2 wat egpaar op plaas aanval

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat grafiese foto's wat sommige lesers kan ontstel

Die polisie in die Oos-Kaap het ’n soektog gelas na twee verdagtes wat ’n egpaar Dinsdag op hul plaas Bean se Bos by Patensie aangeval het.

Stewart Riddle (58) is deur sy aanvallers met ’n panga oor die kop geslaan en is in sy hand en rug gesteek.

Stewart Riddle is met ’n panga oor die kop geslaan in ’n plaasaanval in Patensie. Foto: Facebook

Sy vrou, Jackie, het daarin geslaag om te vlug en het in die bosse skuiling gaan soek.

Die egpaar was Dinsdagaand uit vir ete. Toe hulle om 22:00 by die huis kom, het twee aanvallers hulle oorrompel.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes was met ’n mes en ’n panga gewapen en het geld geëis.

Die verdagtes het hulle volgens Swart by die egpaar se huis ingedwing.

“ ’n Struweling het tussen die man en een van die verdagtes ontstaan. Die man is met ’n panga oor die kop geslaan en in sy hand en rug gesteek.”

Carl Trahms, eienaar van Smhart Security, sê Riddle is 40 minute deur sy aanvallers aangehou.

Trahms se veiligheidsbeamptes het gereageer toe die alarm in die Riddles se huis afgegaan het.

Hy verduidelik dit neem ’n rukkie om by die plaas te kom.

Jackie het naby die plaaspad uit die bosse gespring en het om hulp geskree toe sy die veiligheidsbeamptes gewaar.

Trahms sê hy vermoed die verdagtes het weggehardloop toe hulle die voertuie van die veiligheidsbeamptes hoor stilhou.

“Jackie het haar man met een van ons bakkies hospitaal toe geneem.”

Swart sê die verdagtes het twee selfone en kontant gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.

Volgens Trahms kon hulle ’n geweer en een van die selfone opspoor.

Die polisie in Patensie ondersoek ’n klag van huisroof.

Enigeen met inligting oor die voorval word versoek om ao. Johannes Noeth by 082 551 4749 te bel.

Die speurders in Patensie se nommer is 042 283 8419 en die polisie se Stopmisdaadnommer is 08600 10111.

Stewart Riddle (58) is deur sy aanvallers met ’n panga oor die kop geslaan en is in sy hand en rug gesteek. Foto: Verskaf
Stewart se vrou het hom in die sekerheidsmaatskappy, Shmart Security, se bakkie hospitaal toe gejaag. Foto: Verskaf
Die beserings aan Stewart Riddle se kop. Foto: Verskaf
Die bebloede bakkie na Stewart se vrou met hom hospitaal toe gejaag het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Patensie  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.