Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
TLU SA besorg oor 60%-toename in plaasaanvalle

Die landbou-unie TLU SA sê hy is uiters bekommerd oor die toename in plaasaanvalle in Suid-Afrika, met ’n beweerde toename van 60% oor die afgelope dekade.

Dié syfer is Donderdag op ’n geleentheid van die organisasie in Silverton, Pretoria, aangekondig waar sy syfers oor plaasaanvalle en -moorde bekend gemaak is.

Louis Meintjes, president van TLU SA, tydens sy organisasie se bekendmaking van sy plaasaanval- en plaasmoordsyfers. Foto: Christiaan du Plessis

Dr. Johan Burger, navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), het op die geleentheid gesê die toename in plaasaanvalle stem ooreen met die nasionale neiging van geweldsmisdaad in die algemeen, wat sedert 2011 skerp gestyg het.

“Daarom kan landelike veiligheid nie los gesien word van die nasionale neigings nie,” sê Burger.

Luidens die ISS se syfers het moorde in Suid-Afrika sedert 2011 met 17% toegeneem. Daar was sedert 2011 ook ’n skerp toename in die aantal huisrowe, sakerowe en kapings.

Burger het die toename in geweldsmisdaad, ook op plase, breedweg toegeskryf aan staatskaping wat ’n negatiewe uitwerking op wetstoepassingsowerhede gehad het.

Luidens TLU SA se amptelike voorvalle-register is daar van 2010 tot 2019 altesaam 2 616 plaasaanvalle oor die land heen aangeteken – ’n toename van 60% in vergelyking met die tydperk van 2000 tot 2009.

Die afgelope nege jaar tot in 2019 is 586 plaasmoorde gepleeg, luidens TLU SA se syfers. Die syfer toon ’n afname in vergelyking met die 799 plaasmoorde wat tussen 2000 en 2009 plaasgevind het. Vanaf 2011 het die aantal plaasmoorde egter weer jaar-tot-jaar toegeneem tot en met 2017, toe 82 plaasmoorde aangeteken is. In 2018 was daar 54 plaasmoorde.

TLU, plaasaanvalle, syfers
TLU, plaasaanvalle, syfers
Meer oor:  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.