Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Toeriste trek klag terug ná polisie hul besittings vind

’n 27-jarige man wat glo duisende rande se elektroniese toerusting van ’n toeriste-paartjie in die Oos-Kaap gesteel het, het die hof vrygespring nadat die paartjie besluit het om die saak teen hom terug te trek.

Selfone, ’n skootrekenaar en eksterne hardeskywe is onder meer Maandag uit die paartjie van Duitsland se motor gesteel terwyl hulle in ’n slaghuis in Dutywa naby Butterworth was.

Met hul terugkoms by hul motor het hulle gesien daar is ingebreek en van hul besittings gesteel.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die polisie het onmiddellik na die diewe begin soek.

Die polisie het inligting opgevolg en Dinsdag ’n 27-jarige man met die gesteelde eiendom in sy besit by ’n nabygeleë informele nedersetting in hegtenis geneem. Volgens Manatha het die polisie die eiendom aan die toeriste oorhandig, waarna die toeriste die saak teen die verdagte teruggetrek het.

“Nadat die toeriste hul besittings teruggekry het, wou hulle net huis toe gaan. Hulle het ’n beëdigde verklaring afgelê om die saak terug te trek en die verdagte is vrygelaat,” sê Manatha.

Die elektroniese toerusting wat uit ’n Duitse paartjie se motor in die Oos-Kaap gesteel is en deur die polisie teruggekry is.
Meer oor:  Butterworth  |  Toeriste  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.