Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte ure ná transitoroof vasgetrek

’n Verdagte is ure ná ’n transitorooftog in hegtenis geneem nadat bewyse in ’n huis in Atteridgeville in Pretoria gevind is.

’n Groep rowers het Dinsdag voor sonsondergang op ’n geldwa in Lotus Gardens in die weste van die stad toegeslaan.

Lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder in Gauteng, het vroeër gesê agt rowers was by die voorval betrokke.

Volgens haar het hulle die geldwa se bestuurder met ’n wit Ford Ranger en ’n swart Audi van die pad af gedwing.

Die rowers het op die geldwa geskiet, waarna dit tot stilstand gekom het. Die veiligheidswagte se pistole is afgeneem en ’n ploftoestel is gebruik om die kluis van die wa oop te maak.

Die verdagtes het met ’n onbekende bedrag geld en die wagte se wapens gevlug.

Niemand is in die voorval beseer nie.

’n Gesamentlike taakspan, bestaande uit lede van misdaadintelligensie, die Valke, asook ’n nasionale intervensie-eenheid, het deur die nag na die verdagtes gesoek.

Misdaadintelligensie het die polisie na ’n huis in Kgokongstraat gelei, waar een verdagte in hegtenis geneem is. Ook twee voertuie wat die rowers gebruik het, is gevind, sê brig. Vishnu Naidoo, ’n nasionale polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Die span het ook een van die wagte se 9 mm-pistool gevind asook ammunisie en duisende rande. ’n Vlootblou geldsak is in die kattebak van een van die voertuie gevind.

Die eienaar van die huis is in hegtenis geneem omdat hy onwettig in besit van wapens en ammunisie was, sowel as vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Verdere ondersoeke het die polisie na ’n huis in Kubastraat in Kalafong, Pretoria, gelei waar ’n derde voertuig gevind is wat die rowers glo gebruik het.

“Die gesamentlike taakspan is warm op die spoor van die rowers en sal nie rus voordat hulle gevind is nie,” sê genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, in die verklaring.

Meer oor:  Atteridgeville  |  Geldwa  |  Transitorooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.