Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeersbeampte skiet glo man dood buite kuierplek

’n Verkeersbeampte van Bloemfontein is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n man in die parkeerterrein van ’n kuierplek in Batho, Bloemfontein, doodgeskiet het.

Die skietery het omstreeks 05:00 in die parkeerterrein van die Thoughts Lounge in Batho gebeur.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die 35-jarige provinsiale verkeersbeampte en ’n vriend het met die oorledene gestry, waarna die beampte sy dienspistool uitgehaal en die man geskiet het.

Die oorlede (35) is in die kop getref en is op die toneel dood. Dit is onbekend waaroor die stryery gegaan het.

Volgens Hlubi is die verkeersbeampte kort daarna op die toneel in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op sy dienspistool.

Niemand anders is beseer nie.

Die man sal na verwagting Maandag op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Doodgeskiet  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.