Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou met broodmes gedreig, byna verkrag

’n 22-jarige Vrou is byna helderoordag in Sedgefield in die Suid-Kaap verkrag toe ’n onbekende man haar met ’n broodmes gedreig, die bosse in gesleep en haar broek afgetrek het.

’n Identikit van die verdagte wat byna ’n 22-jarige vrou in Sedgefield verkrag het.

Die voorval het op 21 Desember gebeur in die omgewing van waar Begoniastraat in Bleshoenderstraat verander.

Die polisie is op soek na die verdagte weens poging tot verkragting. ’n Identikit van die verdagte is vandeesweek uitgereik.

Die vrou was omstreeks 14:45 op pad na haar werk toe sy deur die onbekende man genader is, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

Die man was in ’n rooi broek en blou trui geklee en het ’n swart mus opgehad. Hy het in Xhosa gesê die vrou moet haar selfoon vir hom gee.

“Sy het nie ’n foon gehad nie,” sê Pojie.

“Hy het haar toe met ’n broodmes gedreig en met geweld na die nabye bosse gesleep. Daar het hy haar broek afgetrek en haar probeer verkrag. Sy het verbygangers se aandag getrek en dié het tot haar redding gekom.”

Volgens Pojie het die verdagte weggehardloop nadat hy R150 uit die vrou se handsak gesteel het.

Die verdagte is in sy laat 20’s of vroeë 30’s, lank en met ’n gemiddelde bou.

Mense met enige inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, sers. Anne-Marie Ndaba van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in George, by 044 803 4639 kontak of die tolvrye misdaadnommer 08600 10111 bel.

Meer oor:  Sedgefield  |  Aanranding  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.