Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
80 000 mense in Makhanda al 6 dae sonder water
Dr. Imtiaz Sooliman Foto: Argief

Die grootskaalse watertekort op Makhanda (Grahamstad) het ’n krisispunt bereik met meer as 80 000 mense wat al ses dae lank sonder lopende water is. Die Rhodes-Universiteit sal moontlik sy deure moet sluit indien die probleem voortduur.

Die meeste van die 80 000 mense wat geraak word, woon in Makhanda-Oos, terwyl inwoners van 19 strate in Makhanda-Wes ook sonder water sit.

Die Setlaarsdam, wat water voorsien aan dorpenaars, is slegs 13% vol, maar water sal weens die slik nie uit die laaste 10% gepomp kan word nie.

Die Waainek-watersuiweringsaanleg, wat water vanaf die kleiner Howiesonspoort-dam kry, het weens ’n elektriese fout die afgelope paar dae ook probleme gehad met die hoeveelheid water wat dit kan pomp.

Weens die watervlak van die Howiesonspoort-dam wat daagliks skerp daal, gaan dié watersuiweringsaanleg, wat die westelike deel van die dorp daagliks van 8 megaliter water voorsien, in alle waarskynlikheid moet toemaak.

Watertenke is na die gebiede geneem wat geraak word en gebottelde water word ook voorsien, maar dit is nie genoeg nie.

Luidens die munisipaliteit se Facebook-blad is planne beraam om water vanaf die James Kleynhans-watersuiweringsaanleg te pomp, wat sy water vanaf die Glen Melville-dam kry. Die Glen Melville-dam kry op sy beurt water vanaf die Oranje-Visrivier-skema.

Dié plan het egter gesneuwel, want die groot hoeveelheid modder wat vanaf die Oranje-Visrivier-skema in die dam vrygelaat is, het die munisipaliteit genoodsaak om die James Kleynhans-aanleg te sluit.

Watertenke is na die gebiede geneem wat geraak word en gebottelde water word ook voorsien, maar dit is nie genoeg nie.

Inwoners het Saterdag uit desperaatheid vir Gift of the Givers om hulp gevra. Dr. Imtiaz Sooliman, stigter, het Sondag bevestig hul trokke in Kaapstad, Johannesburg en Durban word op die oomblik met water gelaai.

“Soos ek nou met jou praat, is ons besig om water te laai. Die stadsbestuurders het bevestig daar is ’n krisis, so ons trokke ry binnekort na Makhanda met honderde tonne gebottelde water.”

Die Makhanda-waterkrisiskomitee het inwoners in die weste gevra om daagliks net 25 liter water per persoon te gebruik.

Dr. Sizwe Mabizela, visekanselier van die Rhodes-Universiteit, het gewaarsku die tekort aan redelike waterbronne kan hulle noop om die universiteit te sluit.

Gugile Nkwinti, minister van water en sanitasie, het Makhanda in Januarie besoek. Het het met Mabizela en ander rolspelers vergader om die uitdagings met die voorsiening van water te bespreek.

Meer oor:  Makhanda  |  Droogte  |  Water  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.