Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kaapstad vra kommentaar oor sy waterplan

Die Kaapstad-metro het ’n konsepstrategie opgestel om sy waterbestuur te verbeter en die uitwerking van ernstige droogtes in die toekoms te versag.

Die metro het die publiek gevra om voor 15 Maart op die voorgestelde strategie te reageer.

Die stappe wat in die strategie voorsien word, is:

1. R5,7 miljard gaan oor tien jaar belê word in ontsoutingsaanlegte, die gebruik van grondwater en die verwerking van rioolwater vir hergebruik.

2. Nuwe bronne sal die watertoevoer met 300 miljoen liter per dag verhoog.

3. Rioolwater wat tot die gehalte van drinkwater verwerk is, sal in die Kaapse Vlakte-waterdraer gepomp word om die grondwater wat onttrek word, aan te vul.

4. Watertariewe – die vaste tarief én die glyskaal vir verbruik – sal styg om die koste van die belegging te dek, maar dit sal steeds goedkoper wees as in 2018 se droogte.

5. Geldelike aansporings sal aangebied word vir die gebruik van waterbesparende tegnologie in geboue, soos laedruk-toilette, -storte en -krane, asook gryswater.

6. Stormwater wat gewoonlik na die see vloei, sal as waterbron gebruik word.

7. Tariewe sal ingestel word om die vermorsing van water te ontmoedig.

8. Die ontwerp van produkte en dienste om water te bespaar, sal aangemoedig word.

9. Die bestuur van waterdruk sal verbeter word, waterlekplekke herstel word en indringer-plante verwyder word.

10. ’n Droogtefonds sal geskep word om voorsiening te maak vir moontlike toekomstige waterskaarste.

Diegene wat hul stem oor die strategie wil laat hoor, kan dit op die metro se webtuiste doen. Geskrewe voorleggings kan ook ingedien word.

  • Navrae kan aan Nathan Fischer by 021 400 1450 gerig word. Mense wat hulp daarmee benodig, onder andere gestremdes, kan Ismail du Plooy by 021 400 1184 bel.
Meer oor:  Kaapstad Metro  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.