Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Munisipaliteit reageer traag op waterlekkasie
Allen du Toit wys die lekplek in Norfolkstraat, Sherwood. Hy het dit reeds langer as twee weke gelede by die munisipaliteit aangemeld. Foto’s: Lulama Zenzile

Duisende rande word bestee om borde met kennisgewings ten opsigte van waterbesparing oral in die Nelson Mandelabaai-metro op te rig, maar die munisipaliteit herstel nie ’n waterlek in ’n straat nie.

Só sê Allen du Toit van Port Elizabeth wat ’n lekplek in die middel van Norfolkstraat in Sherwood al langer as twee weke gelede by die munisipaliteit aangemeld het.

“Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer ek al gebel het om die lek aan te meld nie. Die mens wat die foon antwoord, meld dat die klagte reeds ontvang is, maar niks word aan die saak gedoen nie.”

Die water borrel by ’n kraak in die teerstraat uit.

Du Toit sê hy het die nat kol in die straat ’n paar weke gelede opgelet.

“Eers het die water net ’n paar sentimeter uit die teer geborrel, maar daar is nou ’n tweede lekplek en ’n stroom water vloei reguit na die stormwaterdrein.

Al die water word vermors, terwyl ek myself krom betaal aan belasting.
Allen du Toit

“Al die water word vermors, terwyl ek myself krom betaal aan belasting.”

Tydens Netwerk24 se besoek Woensdag het werkers in ’n vragmotor van die munisipaliteit die eerste keer opgedaag om die situasie die ontleed.

’n Man wat homself as ’n loodgieter vir die munisipaliteit voorgestel het, sê die lekplek behoort vinnig en maklik herstel te word mits hy die regte toerusting kan kry.

“Lekke kan nie altyd dadelik herstel word nie omdat die munisipaliteit ’n groot tekort aan loodgieters het. Ek word nie oortyd betaal nie en sukkel om by al die lekplekke in die metro uit te kom.”

Mthubanzi Mniki, munisipale woordvoerder, het by navraag gesê in ideale omstandighede word binne 24 uur op ’n klagte oor ’n waterlek gereageer.

“Maar weens die aantal lekplekke en personeel wat beskikbaar is, kry ons dit nie altyd reg nie.

“Pogings word aangewend om meer personeel aan te stel en die werk wat gedoen word te monitor.

Meer oor:  Pe  |  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.