Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Niks fout’ met koop van toilette in Ekurhuleni

Die geld wat gebruik is om chemiese toilette in Ekurhuleni aan te koop was nodig om by die teiken uit te kom dat elke vyf gesinne een toilet het, soos bepaal word in die nasionale behuisingskode.

Só het Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, Woensdag op ’n mediakonferensie in Germiston gesê.

Die stad het 39 000 chemiese toilette aan sowat 600 000 mense voorsien, wat meer is as die 9 000 toilette wat aanvanklik beplan is.

Mzwandile Masina, huidige burgemeester van die Ekurhuleni-metro. Foto: Gallo Images

Dit het volgens Masina die begroting tot R872 miljoen laat styg, en nie R1,9 miljard soos die ondersoekeenheid amaBhungane berig het nie.

Luidens die berigte was die voorsiening van toilette ’n word-gou-ryk-skema vir onderpresterende kontrakteurs.

Daar is ook beweer dat die projek, wat oor drie jaar gestrek het, begin is met 16 klein verskaffers en dus baie inwoners met vuil en stukkende toilette gelaat het.

Masina sê alles was in orde met die tender en dat toesighouding gedoen is.

“Stadsamptenare het die oprigtingsterreine besoek en die aantal toilette wat nodig is bepaal deur die informele woonplekke in die omgewing te tel.”

Hy sê die tender is toegeken in die tyd van sy voorganger, Mondli Gungubele – “maar ek sal nie hier sit en vingerwys na Bra Mondli nie, want ek verwag nie van die persoon wat ná my kom om dit te doen nie”.

“Onthou, politieke toesighouding is om die vraag te kan beantwoord of daar 39 000 toilette afgelewer is. Ja, daar is. Word hulle skoongemaak soos die kontrak bepaal? Die antwoord is ja. Is daar iets verkeerds wat daaruit gekom het? Die antwoord is nee.”

Onthou, politieke toesighouding is om die vraag te kan beantwoord of daar 39 000 toilette afgelewer is. Ja, daar is. Word hulle skoongemaak soos die kontrak bepaal?

Masina sê die stad soek na ’n permanente oplossing wat insluit om aan mense gedienste grond te gee om hul eie woonplekke te bou. Mense wat grond onwettig beset sal nie deur die munisipaliteit gehelp word nie, sê hy.

Dit is wel volgens hom ’n uitdaging om die hele tyd oplossings te vind, want daar sal altyd informele nedersettings wees.

Masina sê die baie probleme met kragvoorsiening is veral weens onwettige meters en aansluitings, en kabels wat al hoe gereelder gesteel word.

Die stad sal met ’n bewusmakingsveldtog begin en probeer om nouer met Eskom saam te werk.

Meer oor:  Mzwandile Masina  |  Ekurhuleni  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.