Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Paaie in Seweweekspoort herstel ná vloedskade

’n Projek van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke om paaie in Seweweekspoort naby Zoar in die Kannaland-distrik ná vloedskade te herstel, vorder goed.

Die herstelwerk word gedoen op die hoofpad, die R323, sê die departement in ’n verklaring.

Die projek sal na verwagting teen Desember 2021 voltooi wees.

Die opknapping van die laagwaterbrûe sal oorstromings voorkom en moontlike skade beperk op die verbindingspad.

Paaie in Seweweekspoort naby Zoar in Kannaland word opgeknap. Foto: Verskaf

Die werk sluit in die opknapping van 24 laagwaterbrûe wat die Seweweekspoortrivier kruis.

Die bestaande pad word op drie plekke verbeter en die werk sluit in die verhoging van die padoppervlak bo die rivierwal. Dit word gedoen om die impak van moontlike oorstromings te verminder.

Padtekens, waaronder twee wat rivier-kruisings by elke laagwaterbrug aandui, word ook aangebring. Verbypaaie is geskep wat die behoefte vir verkeersbeheermaatreëls verminder.

Werkgeleenthede op kort termyn en opleiding in vaardighede is geskep. R2,2 miljoen is bestee aan spesifieke ondernemings en 2 371 werkdae is geskep vir mense van die Ladismith- en Zoar-gebied, sê die departement.

Meer oor:  Vloedskade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.