Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Jong rob kry merker vir navorsing

’n Jong Kaapse pelsrob wat op ’n strand in Buffelsbaai naby Knysna opgemerk is, is na ’n stiller strand verskuif en met ’n merker toegerus as deel van navorsing.

Die Orca-stigting het op sy Facebook-blad gesê die rob is Sondag deur lede van die publiek gewaar. Lede van die organisasie Plett Stranding Network is ontbied om te help.

Die rob wat met ’n merker toegerus is op ’n strand in Buffelsbaai, Knysna. Foto: Orca Foundation

Die rob is sedert Vrydag gesien waar dit kort-kort strand toe gekom het. Die rob het gesond voorgekom en daar is besluit om hom na ’n beskutte strand te neem. Die rob is terselfdertyd met ’n merker toegerus as deel van navorsing en sodat hy geïdentifiseer kan word wanneer hy weer aan wal kom.

Volgens die Plett Stranding Network kom robbe dikwels strand toe om te rus. Dit is nie altyd nodig om hulle te red nie en dikwels herstel hulle self van kleinerige wonde. Optrede is wel nodig wanneer hulle op besige strande uitspoel omdat hulle ’n gevaar inhou vir mense of honde wat hulle nader uit nuuskierigheid. Die organisasie se rob-bioloog is ’n ervare hanteerder van wilde robbe en tree as agent op vir die Port Elizabeth Museum om monsters vir navorsing te neem.

Mense wat robbe teëkom (dood of lewend) kan die Plett Stranding Network by 072 817 7979 bel. Robbe word beskerm ingevolge wetgewing en dit is ’n oortreding om hulle enigsins te versteur, sê Frikkie van der Vyver van die Plett Stranding Network.

  • Onlangs het die springgety gekeer dat lede van die Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart) in Mosselbaai ’n beseerde rob kon red wat op die rotse by die Punt uitgespoel het. Die rob het terug in die see geglip en volgens Smart word daar gehoop dat hy van sy beserings sou herstel.
  • In 2005 is ’n vrou se neus morsaf gebyt toe sy ’n rob van die strand by Heroldsbaai terug in die see wou trek.
Meer oor:  Buffelsbaai  |  Omgewing  |  Navorsing  |  Bewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.