Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Kommer oor ‘bruin water’ in Oudtshoorn
’n Glas met bruinerige water in Oudtshoorn. Foto: Verskaf

Kommer heers oor “bruin water” wat in Oudtshoorn in die Klein Karoo voorkom.

Die bruin water het volgens inligting van inwoners Woensdag in gebiede soos Hoogstraat voorgekom.

Vroeër vandeesmaand het mense ook op die Facebook-groep “Oudtshoorniete staan saam” gekla oor die water se geelbruinerige kleur in dele soos Hospitaalstraat. Volgens inskrywings was die water vuil en het dit blykbaar gestink, soveel so dat daar nie in gebad kan word nie.

’n Glas water wat Woensdag op die munisipale WhatsApp-groep geplaas is, wys dat die water ’n bruinerige kleur het.

Ntobeko Mangqwengqwe, ’n woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sê by navraag die departement van waterwese is nie bewus van enige probleme met die water nie. Ook is geen klagte oor die water onlangs by die departement ingedien nie. Mense moet spesifieke inligting gee oor presies waar die probleme voorkom en daar sal dadelik ondersoek ingestel word.

* Die Oudtshoorn-munisipaliteit het Dinsdag op sy Facebook-blad oor watertekorte in Dysselsdorp gewaarsku.

Volgens die munisipaliteit is die Eskom-mini-substasie wat boorgate van die Klein Karoo- landelike watervoorraad-skema in Varkieskloof voed, verlede naweek erg gevandaliseer. Eskom is besig met werk om die substasie met ’n noodtransformator te vervang. Watertekorte kan egter tot Vrydag voorkom. Verbruikers van die skema word gevra om water spaarsamig te gebruik sodat die vlakke van die reservoir kan herstel.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Water  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.