SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Omgewing
Koop en betaal sonder om natuur te faal

’n Plastieksakvrye dag is Dinsdag deur die supermarkgroep Pick n Pay in samewerking met die V&A Waterfront in Kaapstad op die proef gestel. Dit was om saam te val met die internasionale plastieksakvrye dag wat Dinsdag gevier is.

Spesiale bio-afbreekbare sakke asook kartondose wat eerder gebruik kan word om inkopies in te dra, is aan kopers beskikbaar gestel.

Suzanne Ackerman-Berman, direkteur van transformasie by Pick n Pay, wys hoe die kartondose lyk wat teen R5 te koop aangebied is en wat as alternatief vir plastieksakke in winkels gebruik kan word.Foto: Jaco Marais

Die reaksie van die publiek met die gebruik van dié produkte sal getoets word om te bepaal of dit in die toekoms gebruik kan word as alternatief vir plastieksakke.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, het op die geleentheid gesê daar is reeds heelwat gedoen sedert die heffing op plastieksakke in 2003 ingestel is om verbruikers aan te moedig om ’n alternatief te gebruik vir die eenmalige gebruik van plastieksakke.

Volgens Ackerman moet meer egter nog gedoen word en is daar ’n duidelike en geïntegreerde afvalbestuursplan nodig saam met die regering wat in infrastruktuur moet belê, want kleinhandelaars sal nooit op hul eie ’n volhoubare invloed kan hê nie.

“Om dit eenvoudig te stel, die regering moet meer toegewyd raak aan herwinning en afvalbestuur,” sê Ackerman.

Die geld wat sedert 2003 met die heffing op plastieksakke ingevorder is, het nie die omgewing bevoordeel of werksgeleenthede geskep soos wat beloof is nie. Dié geld moet behoorlik gebruik word en nie dien as ’n meganisme van die staat om belasting in te vorder nie, maar eerder as ’n program wat ten volle gefinansier word om ’n ware uitwerking op die omgewing te hê en om werksgeleenthede te skep, sê Ackerman.

Die inkopiesakke wat Dinsdag deur Pick n Pay op die proef gestel is, is van bio-afbreekbare materiaal gemaak. Die sakke sal oor ’n tydperk van drie tot ses maande natuurlik afbreek, in teenstelling met die honderde jare wat dit neem vir ’n plastieksak om af te breek.Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Pick 'N Pay  |  Gareth Ackerman  |  V&A Waterfront  |  Omgewing  |  Plastiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.