Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
KYK: Sutherland neem afskeid van ‘sy leeu’

Die dorpie Sutherland in die Noord-Kaap het Donderdag afskeid geneem van “sy leeu”, Mufasa, wat Woensdag op ’n plaas in die gebied gevang en in die polisieselle op die dorp oornag het.

Die krat waarin Mufasa van Sutherland na Beaufort-Wes vervoer word. Foto: Verskaf

Mufasa, uit soos ’n kers en onbewus van al die aandag, is Donderdagoggend soos ’n ware glanspersoonlikheid deur tientalle nuuskieriges “afgesien” toe hy in ’n krat op ’n bakkie terug na die Karoo-Nasionale Park buite Beaufort-Wes geneem is.

Mufasa het op 15 Februarie onderdeur ’n heining van die park gekruip en die Karoo platgeloop totdat hy Woensdag op ’n plaas in die Sutherland-omgewing met ’n pylgeweer verdoof is. Hy het die nag in die polisieselle geslaap.

Donderdagoggend is die leeu op ’n blou seil onder polisiebewaking uit die selle gedra terwyl mense aan beide kante van die paadjie hulle aan hom verwonder het en foto’s geneem het.

Mufasa by die polisiestasie in Sutherland.

Hy was verdoof en geblinddoek, blyk uit ’n video wat Juanita Hutchings van die Kambro Kind-gastehuis in Sutherland geneem het.

Sanparke se personeel het hom in ’n krat op ’n bakkie gelaai. “Daar gaan ons leeu weg!” het ’n omstander uitgeroep op nog ’n video wat van Mufasa se vertrek geneem is.

Fayroush Ludick, ’n woordvoerder van Sanparke, het vroeër Donderdag die versekering gegee dat dit goed met die leeu gaan.

Hy het ’n eland, asook verskeie bokke en skape gevang terwyl hy op vrye voet was.

’n Man vryf Woensdagmiddag oor ’n slapende Mufasa nadat hy sowat 50 km buite Sutherland in die Noord-Kaap gevang is. Foto: Hester Obermeyer

Meer oor:  Mufasa  |  Sutherland  |  Leeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.