Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Saadkluis deur aardverwarming bedreig

Die bêreplek diep in die Noorweegse permanente ysgrond waar sade van die wêreld se plante gehou word om te herwin in geval van nood, word deur klimaatsverandering bedreig.

Die kluis in Svalbard, Noorweë. Foto: David Keyton/AP

Die Svalbard-wêreldsaadkluis, wat in Februarie 2008 geopen is, is die veiligste plek op aarde om die biodiversiteit van oeste te bewaar,” sê Marie Haga, uitvoerende direkteur van Crop Trust, die maatskappy wat die kluis saam met die Noorweegse regering gebou het, berig Washington Post.

Die eiland Svalbard is gekies oor die temperature in die noorde en die omgewingstoestande daar, berig ecowatch. Daar is gehoop die grond om die bouwerk sal weer verys, maar nou blyk dit dat die planeet ander planne het.

Die arktiese streek waar die kluis gebou is, is een van die plekke op aarde wat vinniger warm word. Dit gebeur omdat die aarde se pole, die koudste plekke op aarde, nie meer die hitte van die son so goed kan reflekteer nie weens die verdwyning van ys en sneeu.

Die gebied is juis ook gekies omdat daar geen vulkane en aardbewings is nie en die Noorweegse politiek stabiel is.

Weens die verwarming, het die ysgrond rondom die ondergrondse ingang nie weer gevries nie. Daar het water in die tonnel gelek wat daar gevries het.

Daar moes dubbel soveel geld vir herstelwerk begroot word as wat die kluis aanvanklik gekos het. Nogtans kan dit gebeur dat die struktuur onvolhoubaar word. Die omgewing kry reeds dikwels reën pleks van sneeu.

Daar word sowat een miljoen soorte saad van oor die wêreld heen hier gestoor in geval van verwoesting van landskappe deur onder meer oorlog, hongersnood, siektes en klimaatsverandering.

Dit is juis ’n rugsteunfasiliteit vir gene-banke elders in die wêreld, berig sciencealert.com. Dit is veronderstel om onvernietigbaar te wees in die yslandskap wat die genetiese materiaal in die koue beskerm.

Wetenskaplikes voorspel dat dit daar teen 2100 met nog 7°C tot 10°C warmer sal wees.

Die temperatuur op die Svalbard-eilandgroep het van 1971 tot 2017 met tussen 3°C tot 5°C warmer geword, sê die Noorweegse sentrum vir klimaatdienste. Die gemiddelde temperatuur daar is -8,7°C.

Wetenskaplikes voorspel dat dit daar teen 2100 met nog 7°C tot 10°C warmer sal wees.

Huise in Longyearbyen, die mees noordelike dorp op aarde, begin kraak omdat die ysgrond smelt wat hul fondasies skeeftrek, berig CNN.

Mark Sabbatini, redakteur van die plaaslike koerant, het krake in sy woonstel se mure gesien, ’n snaakse knop in sy slaapkamer en die woonstelblok se trappe het skeefgetrek.

Die oorsaak was die ysgrond, wat so hard soos sement is, wat begin smelt het. Die gebou sak dus in die sagter grond weg.

Inger Hanssen-Bauer, ’n senior navorser verbonde aan die Noorweegse meteorologiese instituut, sê die klimaat in Longyearbyen verwarm waarskynlik die vinnigste op aarde. Minder ys en sneeu in die arktiese gebied beteken meer donker oppervlaktes wat meer hitte hou.

Meer oor:  Noorweë  |  Aardverwarming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.