Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Soektog na ontsnapte leeu by Beaufort-Wes duur voort
Sylvester, die rondloperleeu van die Karoo Nasionale Park. Hy is in die Oos-Kaap hervestig. Foto: Werner Hills

Altesaam 18 personeellede en vier voertuie is Sondag ingespan om na die leeu te soek wat uit die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes ontsnap het.

’n Helikopter sal ontbied word wanneer die leeu opgespoor is, het Janine Raftopoulos, kommunikasiehoof van Sanparke, Sondag gesê.

Of dit ’n mannetjie of ’n wyfieleeu is, kan ook nog nie bevestig word nie, aangesien die leeu nog nie deur die spoorsnyers gesien is nie.

Die leeu is Vrydag laas deur ’n Eskom-werker by die Molteno-pas, aan die oosgrens van die park, gesien.

Sondag was die derde dag van die soektog en Raftopoulos sê die reën en onherbergsame terrein maak dit moeilik om die spoor te volg.

Die leeu is Vrydag laas deur ’n Eskom-werker by die Molteno-pas, aan die oosgrens van die park, gesien.

’n Soekgeselskap wat bestaan uit vier veldwagters, die park se eie Karoo San-spoorsnyers en ’n veldwagter van die Mountain Zebra Nasionale Park help met die soektog.

Raftopoulos sê die munisipale bestuurder en rampbestuur van Beaufort-Wes asook boere in die gebied is van die situasie in kennis gestel.

In 2015 en 2016 het Sylvester, ’n leeumannetjie, twee keer uit dié park ontsnap.

’n Span spoorsnyers was drie weke lank op Sylvester se spoor voor hulle hom vasgetrek en met ’n pyl verdoof het. Sylvester het ’n halsband met ’n satelliet-opsporingstoestel gekry en is in die reservaat losgelaat.

In sy omswerwinge het hy meer as 300 km tussen Beaufort-Wes, Leeu-Gamka en Fraserburg afgelê en skape, ’n bees en ’n koedoe op plase gevang.

Op 28 Maart 2016 het die opsporingstoestel aangedui dat Sylvester weer uitgeglip het. Hy is drie dae later in die Nuweveldberge naby Beaufort-Wes gevang en mettertyd hervestig in die Kuzuko Lodge, wat deel vorm van die groter Addo-olifant Nasionale Park.

Sylvester het in 2018 pa geword van twee welpies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.