Die onderwysdepartement in Gauteng het reeds meer as 450 000 aanlyn aansoeke vir die 2020-skooljaar ontvang.
Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê 459 608 aansoeke is reeds ontvang.
“Dit is bemoedigend dat ons tot dusver reeds deur 459 608 aansoeke gewerk het. Vir graad 1 het ons reeds 211 584 aansoeke en vir graad 8 het ons 248 024 aansoeke ontvang.”
Hy sê daar is nog minstens 100 000 plekke vir graad 1- en graad 8-leerlinge oor.
Hy het ’n beroep gedoen op ouers om die nodige dokumente by die skole in te dien minstens sewe dae nadat hulle aansoek gedoen het. Hy het skole gemaan om nie die ouers onnodige dokumente te laat invul voordat die aansoeke aanvaar is nie.
“Die aansoeke vir graad 1- en graad 8-leerlinge sal op 22 Julie 2019 om middernag sluit, terwyl leerlinge vanaf 30 Augustus tot 30 September in skole geplaas sal word.”
Hy sê ouers wat nie toegang tot die internet het nie, is welkom om by een van hul inloopsentrums, wat staatskole en gemeenskapsbiblioteke insluit, aan te klop.
Ouers kan ook die departement kontak, indien hulle hulp benodig.
Skole wat reeds meer as 1 000 aansoeke – wat ver bo hul kapasiteit is – ontvang het:
Alberton High School,
Northcliff High School,
Boksburg High School,
Hoërskool Akasia,
Sir John Adamson High School (Jhb),
Rand Park High School,
Hoërskool President,
Mondeor High School,
Hoërskool Gerrit Maritz (Pretoria),
Pretoria High School for Girls,
Hoërskool Langenhoven (Pretoria)
Benoni High School,
Edenvale High School,
Germiston High School,
Laerskool Akasia,
Glenvista High School,
Hoërskool Suiderlig (Vanderbiljpark),
Jeppe High School for Girls,
Greenside High School,
Parktown High School for Girls,
Willowmoore High School (Benoni),
The Glen High School (Pretoria),
Hoërskool Birchleigh,
Phumlani Secondary School (Katlehong),
Edenglen High School,
Lenasia Secondary School,
Sunward Park High School (Boksburg),
Parktown High School for Boys,
Bryanston High School,
Hoërskool Monument (Krugersdorp),
Roosevelt High School (Roosevelt Park, Jhb)
Pretoria High School for Boys,
Sutherland High School (Centurion),
Laerskool Theresapark (Akasia),
Jeppe High School for Boys (Kensington, Jhb).