Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kupe word UP se visekanselier

Prof. Tawana Kupe is Woensdag as die nuwe rektor en visekanselier van die Universiteit van Pretoria (UP) aangewys.

Prof. Tawana Kupe Foto: Christiaan du Plessis

Hy volg prof. Cheryl de la Rey op, wat in Februarie as visekanselier van die Universiteit van Canterbury in Nieu-Seeland oorneem.

De la Rey het voorheen aan Netwerk24 gesê haar termyn as visekanselier was bevredigend en sy het byna al die doelwitte bereik wat sy aan die begin van haar termyn in 2009 gestel het.

Kupe is tans visekanselier aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Luidens ’n verklaring deur Rikus Delport, UP-woordvoerder, is sy aanstelling in oorleg met die universiteit se maatreëls en prosedures gemaak. Hy was een van ses kandidate op die kortlys.

Hy het ’n BA honneurs- en ’n meestersgraad in Engels aan die Universiteit van Zimbabwe en ’n doktorsgraad in mediastudies aan die Universiteit van Oslo in Noorweë verwerf.

“Universiteite het die verantwoordelikheid om opgevoede, goed ingeligte mense met professionele vaardighede te ontwikkel wat ’n bydrae kan maak om plaaslike en wêreldwye uitdagings op te los,” sê Kupe.

“Om hierdie noodsaaklike rolle te kan vervul, moet universiteite akademiese vryheid en onafhanklikheid geniet. Die universiteit moet navrae deursigtig hanteer, moet verantwoordbaar gehou word en moet ook eties optree.”

Futhi Mtoba, voorsitter van die UP-raad, het Kupe met sy aanstelling geluk en voorspoed toegewens.

Meer oor:  Up
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.