Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Leerlinge kry berading ná verkragting by skool

Die die Sekondêre Skool Reiger Park Johannesburg in Ekurhuleni, Johannesburg, het met beradingsessies vir leerlinge begin nadat ’n skoolmeisie glo deur medeleerlinge by die skool verkrag is.

Die twee vermeende verkragters, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, is in hegtenis geneem, maar weer onder die sorg van hul ouers vrygelaat, sê die Gautengse departement van onderwys in ’n verklaring.

Die seuns is geskors hangende die uitslag van hul tugverhoor nadat die gebeure van die oggend van 28 Februarie vroeër dié week op die lappe gekom het.

Luidens die verklaring was die meisie laat vir skool en net voor sy by die skoolhek kon instap, het die twee tienerseuns haar oorval, na ’n bos gesleep en verkrag.

Die verkragtingsvoorval is na bewering deur ’n leerling met ’n selfoon opgeneem, maar hy het dit intussen van sy selfoon verwyder.

Die meisie het eers dae later vir haar ouers vertel wat gebeur het en ’n klag van verkragting is Woensdag by die polisie ingedien.

Dit is nie bekend hoe ernstig sy fisiek beseer is nie, maar sy ontvang tans mediese behandeling.

Die departement sê hy het berading aan die leerlinge verskaf en help hulle ook om met die polisie te praat.

“Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, is geskok oor die voorval. Dit is vir hom kommerwekkend dat seksuele aanrandings van leerlinge in die skoolomgewing plaasvind,” lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.