Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
UK gee honger studente kos

Die Universiteit van Kaapstad (UK) voed daagliks ongeveer 600 van sy studente deur sy voedingskema.

Thami Nkwanyane, skakelbeampte van die UK, sê die universiteit se departement van maatskaplike ontwikkeling het die voedingsprogram in April verlede jaar begin toe hy besef het baie van sy studente ly honger omdat hulle nie geld het nie.

Die universiteit het veral verlede jaar in die eksamentyd honger onder sy studente verlig.

Die studente ontvang twee gesonde toebroodjies, vrugte en ’n vrugtesap, wat vrywillig deur personeellede, studente en die publiek verpak en versprei word. Die voedingskema is afhanklik van skenkings.

“Studente wil studeer, al weet hulle nie waar hul volgende bord kos vandaan kom nie. Ons wil help,” sê Matheko Moshoeshoe-Madi van die Sentrale Energiefonds, wat ’n yskas vir die projek geskenk het.

Prof. Loretta Feris, adjunk-visekanselier, sê die universiteit wil met die voedingskema verseker dat studente akademies goed kan presteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.