Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Woensdag ’n besluit bekend gemaak wat sy inklusiwiteit verbreed deur geslagsneutrale titels voortaan en as deel van sy transformasie-inisiatief toe te laat.
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg het ín Junie 'n soortgelyke beleid bekend gemaak.
Voornemende en huidige studente kan voortaan hul eie neutrale geslagtitels in die studentestelsel en vir studentekaarte kies.
Prof. Mamokgethi Pakeng, visekanselier, sê in ’n verklaring die besluit is geneem gedurende Rainbow Week, wat inklusiwiteit vier.
“Studente het nou die keuse om hul eie titel te kies, en nie die universiteit nie. Dit val binne die omvang van die Grondwet. Dit stel ons in staat om in innerlike voordele te laat vaar en meer respekvol te wees.”
Studente kan kies om Miss, Ms, Mr of Mx te wees, of geen titel te hê nie.
Nuwe studentekaarte met die nuwe titels sal gratis verskaf word.