Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Henne keer vos in hok vas en pik hom dood

Hoenders op ’n plaas in Frankryk het ’n jong vos doodgepik wat by hul hok ingesluip het om vir hom ’n ete te vang.

Die vos was vermoedelik in die hok vasgekeer met 3 000 henne toe die outomatiese deur agter hom toegegaan het, berig The Guardian.

Die henne het hom in ’n hoek vasgekeer en hom doodgepik.

Leerlinge van die Le Gros Chêne-landbouskool in die noordweste van Frankryk het die volgende oggend op die dooie in die hok afgekom.

“Hulle het met ’n kudde-instink gereageer en hom aangeval,” sê Pascal Daniel, hoof van die skool.

Volgens Daniel het die hoenders al in die verlede geleer om hulself te verdedig. Dit is ’n organiese plaas en die hoenders loop die heel dag buite. Dooie duiwe is al voorheen in die hoenderhok gekry, berig CNN.

Dit is geen geheim vir hoenderboere dat hoenders gewelddadig kan raak nie. Hoenders het ’n duidelike hiërargie – dit is immers waar die term “pecking order” vandaan kom. Die sterkste en aggressiefste hoenders regeer die hok, berig LiveScience.

Hulle pik en boelie ander hoenders tot onderdanigheid. Dié “baashoenders” het beter toegang tot kos, water en die beste stofbadplekke, maar in ruil daarvoor is dit hulle verantwoordelikheid om die res te beskerm en veilig weg te lei van gevaar.

“Hulle kan nogal taai wees as hulle ’n klomp is,” sê Daniel. Hoenders slaag egter meestal nie daarin om groter roofdiere ore aan te sit nie. Die vos was sowat ses maande oud en waarskynlik nog nie ervare nie.

Meer oor:  Frankryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.