Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Mense buig in aanbidding voor eenoog-kalf in Indië

In dié land is eenoog koning!

’n Pasgebore kalf met net een oog word soos ’n god in die ooste van Indië aanbid.

Die Daily Mail berig dat die kalf in die Bardhamanse distrik van Wes-Bengale met dié seldsame defek gebore is. In ’n video, wat oraloor op sosiale media versprei is, steek die kalf sy tong vir die kamera uit en snak hy na sy asem.

’n Pasgebore kalf met net een oog word soos ’n god in die ooste van Indië aanbid. Foto: SWNS

Volgens die eienaar is die kalf beslis in die put, want hordes stroom na sy huis om die bisarre gedierte onder oë te kry – en dit is nié om oor koeitjies en kalfies te gesels nie.

“Dit word as ’n wonderwerk beskou en mense het begin om die kalf te aanbid,” sê die eienaar.

Volgens kundiges het die kalf ’n aangebore afwyking wat in mense en diere voorkom. Dit gebeur in die baarmoeder wanneer die twee helftes van die brein nie geskei word in die vroeë stadiums van ’n swangerskap nie. Dit lei dan tot die ontwikkeling van ’n enkele oog. Die snoet van die koei is ook misvorm.

Volgens die Express verkeer mense van dié streek in Indië onder die indruk dat wanneer hulle voor die kalf neerval en dit aanbid die dier vir hulle geluk en voorspoed sal bring.

Die Daily Star berig dat die kalf met geboorte deur sy ma verwerp is, maar dat inwoners ingespring het om daarna om te sien.

Maar terwyl mens nou ou koeie uit die sloot grawe – dié een oog is nie juis so ’n rare verskynsel nie. Verlede maand is ’n koei met twee koppe in China gebore en ’n aardige seegedierte sonder oë het inwoners van Argentinië onlangs laat regop sit en kopkrap.

Meer oor:  Indië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.