Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Vroue het meer toilette nodig as mans, wys studie

In Brittanje moet vir minstens twee toilette vir vroue vir elke een vir mans voorsiening gemaak word, beveel die Royal Society for Public Health (RSPH) aan.

Dié twee-tot-een-ratio is nodig as gevolg van “tydfaktore met betrekking tot klere, menstruasie en anatomiese verskille”, lui die RSPH-verslag, berig CNN.

Die bestaande ratio in Brittanje is een tot een.

Meer uniseks-fasiliteite word ook aanbeveel en dat vir transgender mense voorsiening gemaak word.

Die verslag se amptelike titel is “Taking the Piss”.

Die boodskap aan vroue is: ‘Ons gee nie vir julle om nie, julle behoeftes maak nie saak nie'.

Byna driekwart van die mense wat in die studie ondervra is, meen daar is te min openbare toilette in hul omgewing. Een uit elke vyf het gesê hulle bly meer tuis as wat hulle wil, omdat hulle oor die min openbare toilette bekommerd is.

Daar is gevind dat 56% van die mense hulself doelbewus “uitdroog” deur nie genoeg water te drink nie omdat hulle bang is dat hulle nie ’n toilet kry nie. Dit kan tot duiseligheid, hardlywigheid en hoofpyne lei, berig die Independent.

’n YouGov-peiling onder skoolkinders het verlede maand getoon dat meer as ’n halfmiljoen leerlinge nie gedurende die skooltyd water drink nie sodat hulle nie toilet toe hoef te gaan nie.

Sowat 19% dink die toilette is nie ’n veilige plek nie, meer as die helfte sê dit is omdat die toilette vuil is, 17% sê die toilette is stukkend en 12% sê daar is nie toiletpapier of seep nie.

Prof. Kathryn Anthony, hoogleraar in argitektuur aan die Universiteit van Illinois en medeskrywer van die verslag, sê die tekort aan toilette vir vroue is ’n “subtiele maar kragtige vorm van genderdiskriminasie”, berig Global News.

“Die boodskap aan vroue is: ‘Ons gee nie vir julle om nie, julle behoeftes maak nie saak nie.’

“Net verlede Sondag het ek in Central Park in New York ’n lang tou voor die vrouetoilette gesien. Ek het meisies en vroue van alle ouderdomme gesien, plus jong seuntjies saam met hul ma’s, en baie klein kindertjies in stootwaentjies terwyl daar geen teken van ’n tou by die manstoilette was nie. Hoekom moet kinders en hul ma’s wag en hul pa’s nie?”

Meer oor:  Toilette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.