Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
ANC-man en Bosasa-direkteur al ‘dekades vriende’
Zizi Kodwa. Foto: Daily Sun

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder en hoof van pres. Cyril Ramaphosa se kantoor by Luthuli-huis, is ’n nabye vriend van Papa Leshabane, ’n direkteur van Bosasa.

Foto’s op Leshabane se Facebookblad onthul die verhouding tussen hom en een van Ramaphosa se naaste raadgewers. Kodwa en Leshabane het albei bevestig dat hulle al meer as ’n dekade vriende is.

Leshabane en ander uitvoerende hoofde van Bosasa, onder wie Gavin Watson, die uitvoerende hoofbeampte, is direk by korrupsie betrek in getuienis wat voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gelewer is.

In ’n geheime video-opname wat Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, by die kommissie ingedien het, kan gesien word hoe Leshabane ’n sak kontant vashou wat volgens Agrizzi se getuienis gebruik is om beamptes van korrektiewe dienste en joernaliste om te koop.

Zizi Kodwa is voorheen as ANC-woordvoerder aangehaal dat hy sou sê “Bosasa het die land regeer soos ’n onderwêreld, soos die mafia”.

Agrizzi, Patrick Gillingham, ’n voormalige finansiële hoof van die departement van korrektiewe dienste, en nog ander Bosasa-bestuurslede het Woensdag vlugtig in die gespesialiseerde handelshof verskyn en op borgtog vrygelaat.

Terwyl dit lyk of Watson ’n lae profiel handhaaf, het Leshabane ’n omvattende netwerk vriende en kontakte wat politici, joernaliste en sakelui insluit. Hy is as’t ware die “openbare gesig” van Bosasa en is na wat berig word lief daarvoor om gaste by sportgeleenthede met duur drank te onthaal.

Kodwa is voorheen as ANC-woordvoerder aangehaal dat hy sou sê “Bosasa het die land regeer soos ’n onderwêreld, soos die mafia”. Hy wou Saterdag nie kommentaar lewer oor sy vriendskap met Leshabane nie.

Uit Facebookfoto’s op Leshaba se blad is dit duidelik dat hy én Kodwa in Rusland was vir die eindstryd van die sokkerwêreldbeker wat verlede jaar Julie beslis is.

Leshaba het op 14 Julie verlede jaar ’n foto van Kodwa gepubliseer met die hutsmerk #bestdressedmaninmoscow.

Toe Kodwa gevra is wie betaal het vir sy reis na Rusland, het hy gesê “dit het niks met hom (Leshabane) te doen gehad nie”.

“Ek ken Papa al vir langer as ’n dekade, hy is my vriend en ons vriendskap het nks te doen met posisies nie,” het Kodwa gesê, op ’n vraag of hy ooit enige geskenke van Leshabane ontvang het in ruil vir inligting.

Leshabane het op sy beurt gesê “Ek wil jou die versekering gee dat ek nie enige van my vriende betaal om met my vriende te wees nie.”

Kodwa het nie gereageer op navrae oor of hy Leshabane uitgevra het oor die bewerings van korrupsie teen hom nie. “Wetstoepassingsagentskappe moet sonder vrees of gunste kan optree, ons moet die geloofwaardigheid van ons staatsliggaame herstel . . . Die ANC ondersteun die werk van die verskillende kommissies. Individue moet aanspreeklik gehou word,” het hy gesê.

Leshabane is ook goeie vriende met Calvo Mawela, uitvoerende hoofbeampte van MultiChoice. Mawela is getroud met Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, se dogter, Nombasa. – Kyle Cowan, News24

Meer oor:  Papa Leshabane  |  Zizi Kodwa  |  Vriendskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.