Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril se pleidooi aan Suid-Afrika se mense

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand sy staatsrede in die parlement in Kaapstad geëindig deur te erken dat daar verdeling in die land heers, en ’n gevoelvolle pleidooi gelewer oor hoe Suid-Afrikaners saam ’n toekoms moet bou.

Hier is sy woorde:

“Mede-Suid-Afrikaners, ons is mense wat veerkragtig, vasbeslote en optimisties is.

“Ondanks die ergste vergrype van apartheid het ons nie verval in wraak toe ons ons vryheid gewen het nie.

“Ons demokrasie het geblom en gefloreer, gekoester deur die welwillendheid van die mans en vroue van dié wonderlike land wat al te goed verstaan teen watter prys dit bekom is.

“Maar die pad na ware vryheid is lank en ons het verdeling in ons samelewing sien toeneem. Tussen swart en wit, ryk en arm, tussen mense op die platteland en die stede, tussen die geslagte en tussen taalgroepe en kulture.

Maar ons gaan nie toegee aan die magte van pessimisme en verslaenheid nie.

“Soms het dit gelyk asof die melk van menslike deernis wat ons in staat gestel het om in 1994 met mekaar te versoen, suur geword het.

“Maar ons gaan nie toegee aan die magte van pessimisme en verslaenheid nie.

“Ons samelewing is geanker in die wortels van verdraagsaamheid en naasbestaan en ons staan stewig, vasberade en verenig teenoor alles en almal wat ons wil verdeel of ons swaar verworwe winste wil vernietig.

“Hulle het vir ons gesê om ’n nierassige Suid-Afrika te bou, is onmoontlik en dat ons dit nooit sou regkry om werklik die wonde van die bitter verlede te genees nie.

“Tog het ons die storm weerstaan en is ons besig om te seëvier.

“Dit was die ewige optimisme van die menslike gees wat hoop lewend gehou het in ons donkerste tye.

“Dis dié optimisme wat ons vorentoe sal dra terwyl ons ’n dapper nuwe toekoms moet aanpak.

07-02-2019 NETWERK24 Die 2019 Opening van die P
President Cyril Ramaphosa het die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersteun in sy toespraak. Foto: Jaco Marais

“Dis ’n Suid-Afrika waarin elke man, vrou en kind die geleentheid en middele gegee word om ’n beter lewe vir hulself te bewerkstellig.

“Dis ’n Suid-Afrika wat gereed is om voordeel te trek uit die tegnologiese verandering wat oor die wêreld heen spoel om ons ekonomie te laat groei en werk te skep vir mense.

“Dis ’n Suid-Afrika wie se mense visie, dryfkrag en ambisie het; wat dit ’n middelpunt van innovasie, entrepreneurskap en ondernemingsgees maak.

“Dis ’n Suid-Afrika wat die probleme van die verlede erken, maar gefokus na die toekoms kyk.

“Dis ’n Suid-Afrika wie se leiers dapper is, leiers wat dienaars van die mense bly – en vir wie die nakoming van hul pligte die hoogste en enigste beloning is.

“Bo alles is dit ’n Suid-Afrika waarop ons trots is, op wat ons bereik het en wat ons hoop om te wees.

Bo alles is dit ’n Suid-Afrika waarop ons trots is, op wat ons bereik het en wat ons hoop om te wees.

“Dit is ’n reuse-taak wat vir ons voorlê.

“Die belangrikste is dat ons ons ekonomie weer moet laat werk.

“Ek vra elke Suid-Afrikaner om dit jou eie roeping te maak.

“Want as ons suksesvol is – en dit weet ons vir seker – is dit die hele nasie wat voordeel daaruit sal trek.

“As regering, as sakewêreld, as arbeider en as landsburger, kom ons staan saam en omhels die dag van môre.

“Kom ons gryp ons gesamentlike toekoms met albei hande aan.”

Meer oor:  Staatsrede 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.