Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dink voor jy krag gebruik, vra kabinet

Alle Suid-Afrikaners moet veral saans wanneer die vraag die hoogste is, saamwerk en meer spaarsamig met elektrisiteit te werk gaan.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Donderdagoggend dié versoek in die parlement namens die kabinet oorgedra toe hy besluite aan joernaliste bekend gemaak het wat Woensdag op ’n kabinetsvergadering geneem is.

Die kabinet het in dié verband Eskom se aankondiging verwelkom dat Eenheid 3 van die Medupi-kragstasie in Mpumalanga nou aangeskakel is en deel van die nasionale elektrisiteitsnetwerk is.

“Dit sal ’n bykomende 796 MW tot die nasionale elektrisiteitsnetwerk voeg. Die Wêreldbank het sy vertroue uitgespreek in die regering se planne om Eskom reg te ruk.”

Volgens Mthembu moet elektrisiteit egter steeds spaarsamig gebruik word, veral tussen 17:00 en 21:00 wanneer die vraag die hoogste is.

*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Elektrisiteit  |  Kabinet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.