Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Gauteng se nuwe LUR'e: Lesufi weg by onderwys

David Makhura, premier van Gauteng, het vroeg Woensdagoggend sy nuwe provinsiale uitvoerende raad aangekondig.

"Ek het presies 'n week gelede weer die rol as premier aanvaar en verstaan die nuwe mandaat goed wat aan die sesde administrasie  gegee is. Ek het dus ernstig gaan dink oor watter mans en vroue ek in my nuwe uitvoerende raad wil hê."

Hier is die nuwe LUR'e van Gauteng:

Panyaza Lesufi, voorheen LUR vir onderwys, gaan voortaan die portefeulje finansies en e-regering bestuur.

Panyaza Lesufi Foto: Gallo Images
Netwerk24 Foto: Gallo Images

Nomantu Nkomo-Ralehoko is die nuwe LUR vir onderwys.

Faith Mazibuko skuif van sport, kuns, kultuur en ontspanning na gemeenskapsveiligheid.

Faith Mazibuko Foto: Daily Sun

Lebogang Maile is die nuwe LUR vir menslike nedersettings en samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta).

Lebogang Maile Foto: Zamokuhle Mdluli

Thuliswa Nkabinde-Khawe is die LUR vir gemeenskapsontwikkeling.

Jacob Mamabolo is die LUR vir vervoer en infrastruktuur.

Jacob Mamabolo Foto: Argief

Tasneem Motara, die ANC se provinsiale woordvoerder, is die LUR vir infrastruktuur, ontwikkeling en eiendomsbestuur.

Tasneem Motara
Tasneem Motara

Kgosientso Ramokgopa, die voormalige burgemeester van Tshwane, is die LUR vir ekonomiese ontwikkeling, landbou en omgewing.

Kgosientsho Ramokgopa
Gallo Images

Mbali Hlophe, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, is die nuwe LUR vir sport.

Bandile Masuku vervang Gwen Ramokgopa as LUR vir gesondheid.

Ramokgopa en Barbara Creecy, voorheen LUR vir finansies, is albei na die parlement ontplooi.

Die nuwe LUR'e word Donderdag om 10:00 in Emoyeni-konferensiesentrum in Parktown, Johannesburg beëdig.

Makhura meen die span bestaan uit ervare mense én mense met nuwe energie en vars planne.

"Hierdie LUR'e gaan die belange van die mense vooropstel en die hoogste etiese en diensleweringstandaarde in hul werk behaal," sê die premier in 'n verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.