Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Jessie nié ’n uitverkoper – Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand ingegryp om spanning te ontlont toe hy ’n vergadering van burgerlike organisasies en gemeenskapslede by Soweto toegespreek het.

’n Streng Ramaphosa het ’n gemeenskapslid gekasty wat Jessie Duarte, die party se adjunk-sekretaris-generaal, uit die verhoor ’n “uitverkoper” genoem het.

“Dit is onaanvaarbaar, ek sal dit nie aanvaar nie. Ek het in die parlement oor hierdie kwessie gepraat, Mense moenie los en vas uitlatings maak soos dat dié een ’n uitverkoper is, dat dié een ’n dit en dat is nie. Ons moet ons daarvan weerhou om sulke dinge te doen. Dit is nie Suid-Afrikaans nie. Ek is nie bereid om dit hier . . . te aanvaar nie, want dit is gestroop van enigiets wat selfs naby die waarheid is,” het Ramaphosa gesê.

Spanning het hoog geloop toe ’n inwoner wat haarself as Rachel geïdentifiseer het, die ANC se lys van kandidate vir die parlement en die provinsiale wetgewers verdoem het.

“Kyk na jou lyste, daar is geen sogenaamde Kleurlinge op nie,” het sy gesê.

Ons erken dat ons langs die pad foute gemaak het. Ons aanvaar ons foute en ons verdoesel hulle nie.

Sy het bygevoeg dat sy vir die EFF en nie die ANC nie gaan stem.

Die spanning het toegeneem toe gemeenskapslede hulle na die podium gehaas en hul klagtes hoorbaar gelug het dat hulle nie die geleentheid gegee is om vrae te vra nie.

Toe Danny Jordaan, voormalige ANC-burgemeester van Nelson Mandelabaai, Ramaphosa vroeër aan die gehoor voorgestel het, hy die president met oud.pres. Nelson Mandela vergelyk en gesê albei is leiers “wat woord hou”.

“Ons moet ’n voorbeeld wees. Ons moet getrou wees aan ons woord, wat ons mense ook al vertel, ons moet ons woord nakom. Ek is bly dat ons daardie kaliber president hier het, een wie se woord sy eer is,” het Jordaan gesê.

Ramaphosa het, toe hy inwoners van Thokozapark in Soweto vroeër toegespreek het, toegegee dat die ANC as regerende party die afgelope 25 jaar “foute” gemaak het.

Hy meen egter dat die goeie dinge wat die ANC gedoen het, baie meer is as die foute.

“Ons erken dat ons langs die pad foute gemaak het. Ons aanvaar ons foute en ons verdoesel hulle nie,” het hy gesê.

Van die “goeie dinge” wat die ANC gedoen het, is om te verseker dat meer as 17 miljoen maatskaplike toelaes maandeliks uitbetaal word.

“Ons is die enigste land in Afrika wat 17 miljoen mense toelaes gee.”

Meer oor:  Pres. Cyril Rama­Phosa  |  Jessie Duarte  |  Soweto  |  Politiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.