Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Keer terug na Mandela se visie 29 jaar ná sy vrylating

Maandag is dit presies 29 jaar gelede dat wyle oudpres. Nelson Mandela as ’n vry man uit die destydse Victor Verster-gevangenis in die Paarl gestap het.

Die ANC in die Wes-Kaap meen dat dit ná soveel jare ook ’n gepaste tyd is vir Suid-Afrika en dié provinsie om terug te keer na Mandela se visie vir ’n nierassige, verenigde, nieseksistiese en demokratiese land.

Oudpres. Nelson Mandela en sy destydse vrou, Winnie Madikizela-Mandela, met sy vrylating op 11 Februarie 1990.Foto: Getty Images

Faiez Jacobs, provinsiale ANC-sekretaris, sê dit was die ideale waarvoor Mandela bereid was om te sterf.

“Ons is vir ewig dankbaar dat hy geleef het om die nuwe land te kon binnegaan. Hier in die Wes-Kaap beloof ons om Mandela se stryd vir ’n regverdige samelewing voort te sit.

“Die ANC in die Wes-Kaap is optimisties dat hy goed in Mei se algemene verkiesing sal vaar om ’n sê te kan hê in hoe die provinsie regeer word.

“Die DA het Mandela se droom belemmer. As ons weer aan bewind kom, sal ons voortgaan waar ons opgehou het,” sê Jacobs in ’n verklaring.

Volgens hom het Suid-Afrika vir ewig verander die dag toe Mandela op 11 Februarie 1990 uit die huidige Drakenstein-gevangenis vrygelaat is.

“Kameraad Mandela se vrylating is bereik deur die struggle wat die apartheidsregime in ’n hoek gedryf het en hulle gedwing het om te onderhandel om hul mag prys te gee.”

Volgens Jacobs is Mandela se vrylating ook danksy die druk wat deur die ANC se internasionale vennote toegepas is.

Intussen het Mmusi Maimane, DA-leier, vroeër in ’n verklaring gesê dat die DA 29 jaar ná Mandela se vrylating die enigste party is wat nog sy visie bevorder én in staat is om die droom van “Een Suid-Afrika vir almal” ’n werklikheid te kan maak.

Maimane sê die keuse wat Suid-Afrikaners op 8 Mei by die stembus moet maak, sal wees of hulle nog vyf jaar van gespreksessies, berade, korrupsie en leë beloftes van die ANC wil hê óf die DA se plan vir onmiddellike verandering wat “Een Suid-Afrika vir almal” sal bou.

mandela
Grafika24
Meer oor:  Oudpres. Nelson Mandela  |  Faiez Jacobs  |  Mmusi Mai­Mane  |  Victor Verster-Gevangenis  |  Paarl  |  Da  |  Anc  |  Herdenking  |  Vrylating
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.