Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kiesers kan steeds registreer vir verkiesing

Daar is na verwagting sowat twee weke oor vir Suid-Afrikaners om hulle vir die 2019- nasionale en provinsiale verkiesing te registreer.

Die Verkiesingskommissie (OVK) het vroeër gesê dat pres. Cyril Ramaphosa die verkiesing na verwagting einde vandeesmaand sal proklameer. Dit volg nadat hy aangekondig het dat die verkiesing op Woensdag 8 Mei sal plaasvind.

Die OVK het Woensdag by navraag gesê hy “sien ywerig daarna uit” dat die president die verkiesing proklameer.

Khusela Diko, presidensiële woordvoerder, kon nie dadelik bereik word vir kommentaar oor wanneer die proklamasie sal plaasvind nie.

Die OVK sê burgers kan registreer tot middernag op die dag waarop die president die verkiesing proklameer. Daarna is die kieserslys gesluit vir deelname aan vanjaar se verkiesing.

Die proklamasie is die formele publikasie van die verkiesingsdatum in die Staatskoerant wat die rooster vir die verkiesing en die verwante kiesprosesse aan die gang sit. Dit sluit in die datum wanneer die kieserslys sluit, die sperdatum waarteen politieke partye hul kandidatelyste by die OVK moet indien, die sertifikasie van die kieserslys en die opening van aansoeke vir spesiale stemme. Dié rooster sal met politieke partye bespreek word en dadelik gepubliseer word ná afloop van die proklamasie van die verkiesing.

Kiesers kan in kantoorure by hul plaaslike OVK-kantoor, wat gewoonlik by die munisipale kantoor geleë is, registreer. ’n Lys van dié kantore is beskikbaar by www.elections.org.za of bel die OVK by 0800 11 8000.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.