Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Komitee sal oor 32 op ANC-probleemlys besluit

Die ANC se integriteitskomitee vergader die naweek om onder meer te besluit oor die politieke toekoms van 32 problematiese lede wat vroeër as openbare verteenwoordigers in die parlement en in provinsiale wetgewers genomineer is.

Dié 32 mense het uitgeval en nie die ANC se nasionale lys gehaal nie en die integriteitskomitee moet aanbevelings doen oor wat met hulle moet gebeur.

Dakota Legoete, ANC-woordvoerder. Foto: Argief

Van dié lede is betrek by bewerings oor staatskaping.

Dakota Legoete, nasionale woordvoerder, het Donderdag gesê die verwagting is dat die voorstelle van die integriteitskomitee na die party se top-ses vir oorweging gestuur sal word.

Die 32 sal ingelig word oor die integriteitskomitee se voorstelle oor hul politieke toekoms wanneer die proses afgehandel is, het Legoete gesê.

Volgens die ANC se kieslys is Bathabile Dlamini, minister in die presidensie, Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, Vincent Smith, ANC-LP, en Malusi Gigaba, voormalige minister van binnelandse sake, vir die parlement genomineer.

“Ons het beperkte mag, die ANC is nie ’n administrateur van die reg nie en almal het gelyke regte. Party kamerade is geïmpliseer by die Zondo-kommissie en ons het gesê ons sal wag totdat die kommissie sy bevindings bekend maak.”

“Ons kan nie ’n kandidaat skuldig bevind en hulle van die lys skrap nie, dit sal sake vooruitloop.”

Politieke partye het tyd tot 13 Maart om hul kandidatelyste by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in te dien as hulle in die verkiesing wil deelneem.

Ons kan nie ’n kandidaat skuldig bevind en hulle van die lys skrap nie, dit sal sake vooruitloop.

Dakota het gesê die ANC is gereed om dit te doen.

“Ons het ons verkiesingsheffing betaal en is reg om ons lys aan die OVK te gee.”

George Mashamba, voorsitter van die integriteitskomitee, het Donderdag gesê hulle het nog nie die lys met die 32 name van die topses ontvang nie.

Meer oor:  Anc  |  Dakota Legoete  |  Bathabile Dlamini
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.