Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Meer jonges, vroue in Makhura se kabinet

David Makhura, Gautengse premier, se provinsiale kabinet is ’n goeie mengsel van jeugdigheid en ervaring, meen politieke waarnemers.

In die aanloop tot die ANC se provinsiale kongres verlede jaar is gevra dat die topleierskap van die party uit ’n goeie mengsel van generasies moet bestaan en dat ’n gelykop verdeling tussen geslagte moet plaasvind.

Nomantu Nkomo-Ralehoko is aangewys as provinsiale adjunksekretaris en is LUR vir onderwys.

David Makhura, premier van Gauteng. Foto: Argief

Panyaza Lesufi, oud-LUR vir onderwys, staan nou aan hoof van finansies en e-regering.

Vroulike leiers soos Tasneem Motara het die portefeulje van infrastruktuur-ontwikkeling en eiendomsbestuur gekry, Mbali Hlophe is LUR vir sport, Ralehoko is by onderwys en dr. Bandile Masuku en Faith Mazibuko neem onderskeidelik oor as LUR vir gesondheid en gemeenskapsveiligheid.

Lebogang Maile is geskuif na die portefeulje menslike nedersettings, stadsbeplanning en koöperatiewe regering en tradisionele sake en Jacob Mamabolo, leier van die kommunisteparty, behartig vervoer.

Die LUR’e word Donderdag ingehuldig.

Protas Madlala, politieke ontleder, sê Makhura se pogings om ’n mengsel van jonger en ouer leiers aan te wys is ’n strategiese skuif om die EFF se groeipotensiaal onder die jeug in die provinsie te stuit.

“Wat hy nie openlik sal erken nie, is dat daar ’n stryd is teen die EFF, wat hoofsaaklik jong leiers na die provinsiale wetgewers en parlement stuur.

“Die EFF wys vertroue in jong mense en die ANC probeer dus steun onder jonger mense werf,” sê hy.

Jacob Khawe, ANC provinsiale sekretaris, het die feit verwelkom dat daar jonger mense en beter gender-verteenwoordiging in Makhura se uitvoerende gesag is.

Dr. Somadoda Fikeni, politieke waarnemer, het gesê dit is “onvermydelik” dat Gautengse inwoners tevrede sal wees met jonger leiers oor die algemeen.

“Wat geslagsbalans betref, die meeste inwoners in die land is vroue en daar is dus nou ’n beter balans. Die jeug is ook daar, daar kan nooit perfekte balans wees nie, maar daar is ’n gesonde verteenwoordiging van jong mense,” sê Fikeni.

“Die ANC boet stemme in stede in, so hulle moet daarteen optree.”

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  David Makhura
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.