Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Onderwys een van regering se top prioriteite

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede onderwys uitgelig as een van die regering se top vyf prioriteite vir die jaar.

07-02-2019 NETWERK24 Die 2019 Opening van die P
President Cyril Ramaphosa het die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersteun in sy toespraak. Foto: Jaco Marais

“Ons geskiedenis vereis van ons om die onderwysstelsel te verbeter en om die vaardighede te ontwikkel wat ons nou en in die toekoms nodig sal hê,” het Ramaphosa gesê.

Sy opmerkings kom teen die agtergrond van registrasie van studente wat landwyd by tersiêre onderwysinstellings plaasvind. Van die instellings is reeds geruk deur protesoptrede deur studente oor kwessies soos historiese studieskuld, wat talle verhoed om te registreer.

Dit is om die rede dat Ramaphosa gesê het dat die herkapitalisasie van die Nasionale Finansiële Studentehulpskema (NSFAS) ’n sleutel-prioriteit is.

“Om die sakeprosesse van NSFAS te stabiliseer sal ook ’n prioriteit in die komende jaar wees sodat dit behoorlik in staat gestel kan word om die kritiese rol te vervul om studente wat daarvoor kwalifiseer by te staan,” het Ramaphosa gesê.

Oor vroeë kinderontwikkeling (VKO) het Ramaphosa gesê dat meer as 700 000 kinders in die vorige geldjaar daarvoor ingeskryf was, waardeur ’n stewige grondslag gevorm is vir ’n omvattende program vir die soort onderwys, wat ’n integrale deel van die onderwysstelsel uitmaak.

“Vanjaar sal ons die verantwoordelikheid vir VKO-sentrums van die departement van maatskaplike ontwikkeling na die departement van basiese onderwys oordra en voortgaan met die proses vir twee jaar se verpligte VKO vir alle kinders voordat hulle gr. 1 betree,” het Ramaphosa gesê.

Oor basiese onderwys het Ramaphosa gesê dat die regering met ’n aggressiewe program begin van digitale onderwys in klaskamers.

“Oor die volgende ses jaar sal ons elke skoolkind voorsien van digitale werkboeke en teksboeke op ’n tablettoestel,” het hy gesê.

“Ons sal met daardie skole begin wat histories die meeste agtergeblewe is en in die armste gemeenskappe geleë is.” Landelike en plaasskole sal ook hierby ingesluit word.

“Altesame 90% van teksboeke in vakke met hoë inskrywings oor alle grade heen en werkboeke is al gedigitaliseer,” het Ramaphosa gesê.

Meer oor:  Ramaphosa  |  Cyril  |  Onderwys  |  Staatsrede 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.