SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Politiek
Oppenheimers kan nie eie ‘grenspos' kry – Gigaba
Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het 'n versoek deur die Oppenheimers van die hand gewys wat hulle in staat sou stel om buitelandse hooggeplaastes en bekendes deur doeane en immigrasie by dié terminaal te neem sonder dat hulle die hoofgebou by OR Tambo-lughawe hoef te gebruik.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het gesê hy sal “waarskynlik ongrondwetlik” en teenstrydig met die Immigrasiewet optree as hy voldoen aan ’n versoek van die bekende Oppenheimer-familie vir hul “eie, eksklusiewe binnekomshawe”.

In ’n verklaring wat Vrydagoggend uitgereik is, verduidelik Gigaba dat hy “in geen stadium” só ’n versoek toegestaan het nie.

Die Sunday Times het in Desember berig die Oppenheimer-familie wil hê Gigaba moet internasionale status verleen aan die luukse terminaal wat Fireblade Aviation Proprietary, hul lugdiensmaatskappy, by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg gebou het.

Dit sal voorsiening maak vir buitelandse hooggeplaastes en bekendes om deur doeane en immigrasie by die Oppenheimers se terminaal te gaan sonder dat hulle die hoofgebou hoef te gebruik.

Luidens Gigaba se verklaring het die familie ’n hofaansoek gebring om sy besluit te laat hersien.

Gigaba erken in die verklaring dat hy en van sy senior departementele bestuur op 28 Januarie 2016 met onder meer Nicky Oppenheimer by die O.R. Tambo-lughawe vergader het.

“Die doel van die vergadering was om die familie die geleentheid te gee om hul voorstel aan my voor te lê en sodat ek dit ná raadpleging met rolspelers wat daardeur geraak word, kon bespreek.”

As dit toegelaat sou word, wat sou ander daarvan weerhou om te vra dat openbare dienste meer eksklusief of privaat moet wees?

Volgens Gigaba maak die Immigrasiewet nie voorsiening vir die aanwys van ’n binnekomshawe (port of entry) uitsluitlik vir die gebruik deur ’n eksklusiewe kategorie van mense nie.

Na sy mening sou die enigste uitsondering wat dit sou kon regverdig, verband hou met diegene wat openbare werk verrig soos lede van die veiligheidsdienste, insluitend die polisie en weermag.

“Dit sal onder daardie omstandighede toelaatbaar wees om ’n spesifieke binnekomshawe te verklaar vir daardie persone vir redes wat verband hou met hul werk.

“Die oopstel van ’n binnekomshawe vir private gebruik, soos versoek deur die familie, is heeltemal ’n ander voorstel. Dit moet eerstens voldoen aan artikel 9 (1) (van die Immigrasiewet), wat spesifiek bepaal dat ’n binnekomshawe ’n plek is waar alle mense moet aanmeld.”

“Dit is my oorwoë mening dat dié aansoek uitsluitend van aard is en ek sou tot dieselfde oorweging gekom het of dit nou van die Oppenheimers, die Guptas of enige ander familie gekom het.

“As dit toegelaat sou word, wat sou ander daarvan weerhou om te vra dat openbare dienste meer eksklusief of privaat moet wees?” lui Gigaba se verklaring.

Meer oor:  Oppenheimers  |  O.R. Tambo-Lughawe  |  Nie  |  Kry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.