Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘OVK ondersoek ANC se Bosasa-oorlogkamer’

Mmusi Maimane, DA-leier, sê die Verkiesingskommissie (OVK) het daartoe ingestem om die ANC se sogenaamde “verkiesingsoorlogkamer”, wat deur die omstrede diensverskaffer Bosasa gefinansier is, te ondersoek.

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Die DA het verlede maand ’n klag hieroor by die OVK ingedien.

Maimane het Maandagmiddag in ’n verklaring gesê hy hoop die OVK sal dié klag sonder vrees of vooroordeel ondersoek. Die ANC het dié “oorlogkamer” naby Krugersdorp aan die Gautengse Wes-Rand vir die laaste drie verkiesings gebruik. Bosasa het dit met sowat R6 miljoen gefinansier.

Maimane sê dit is ’n oortreding van die Verkiesingswet.

Die DA-leier sê geen geregistreerde party of kandidaat kan kragtens dié wet ’n posisie van mag, voorreg of invloed misbruik om die uitslag van ’n verkiesing te beïnvloed nie.

Volgens Maimane het die ANC dié “oorlogkamer” met die plaaslike verkiesings van 2011 en 2016 en die algemene verkiesing van 2014 gebruik om sy verkiesingsveldtog te dryf.

Bosasa het onder meer ’n enorme skerm van R400 000 verskaf waarmee die uitslae van die verkiesings gevolg kon word, sowel as R450 000 se rekenaars en die betaling van programmatuur-lisensies.

“Die R6 miljoen van Bosasa is misdaadgeld. Dit is hoog tyd dat die ANC elke sent terugbetaal wat hy van Bosasa gekry het.

“Die onbeskaamde korrupte verhouding tussen die ANC en Bosasa het dit ten doel gehad om die verkiesing te beïnvloed,” sê Maimane.

Hy sê voorts dit is belangrik dat die OVK die land se kiesers verseker dié gekonkel tussen die ANC en Bosasa sal nie die verloop van die komende verkiesing beïnvloed nie.

Die OVK het by navraag bevestig dat die sogenaamde "verkiesingsoorlogkamer" ondersoek gaan word.
Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Anc  |  Politiek  |  Bosasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.