Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Staatskaping: Cyril sal perspektief gee as hy getuig

Dit is in beginsel, en ten opsigte van die politiek rondom hom, goed dat pres. Cyril Ramaphosa bereid is om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn.

So sê prof. Susan Booysen, ’n politieke wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Prof. Susan Booysen

Ramaphosa het Dinsdag in vraetyd in die nasionale raad van provinsies gesê hy is bereid om dit te doen.

Booysen sê hoe meer in die Zondo-kommissie uitkom oor wat in die era van oudpres. Jacob Zuma gebeur het, hoe beter.

“Ramaphosa lyk soms of hy bietjie flou voete het om te praat oor wat hy weet. As hy voor so ’n kommissie gedaag word, sal hy gedwing word om te sê wat hy weet.

“In sulke situasies neem dit politici uit die huidige politieke konteks. Hulle kan dan nie agter hul partye skuil nie,” sê Booysen.

“Wanneer politici voor ’n kommissie soos dié gedaag word, word hulle uitgedaag en op ’n manier gedwing om patats in die sak een vir een uit te pak.”

Prof. Erwin Schwella

Prof. Erwin Schwella, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se skool vir openbare leierskap, stem saam.

“Oor al hierdie gebeure wil ons soveel moontlik getoetste getuienis hê. Dit is getuienis wat moontlik ook onderwerp kan word aan kruisondervraging.

“As ons súlke getuienis kan kry, kan ons baie nader aan die waarheid kom.

“Die president is iemand wat ’n baie regstreekse betrokkenheid gehad het – nie by staatskaping nie – maar by die regeerproses in die presidensie. Dit sal interessant wees om sy weergawe te hoor.

“Hy sal moontlik drie verdere goed doen. Hy sal minstens kan sê wat sy rol was. Tweedens is daar wat hy gedink het gebeur en derdens sal hy ’n klomp goed in perspektief plaas ten opsigte van mense wat betrokke was en die prosesse wat gevolg is,” meen Schwella.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.