Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Steenhuisen erken 2018 was moeilik vir DA

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het Woensdag erken 2018 was ’n moeilike jaar vir dié party.

John Steenhuisen Woensdag in Olifantsfontein, Ekurhuleni. Foto: Sarel van der Walt

Hy het op ’n DA-byeenkoms in Olifantsfontein, Ekurhuleni, gesê hy kan nie ontken verlede jaar was ’n baie slegte jaar vir die DA nie.

“Ons het baie gefokus op interne sake. Die (Patricia) De Lille-sage het baie van ons tyd in beslag geneem.

“Ja, die DA het in die afgelope jaar ’n paar belangrike lesse geleer oor hoe ’n mens dié soort sake hanteer,” sê Steenhuisen.

“Dit was die eerste keer dat ons te make gehad het met ’n saak waarby ’n leier in ’n baie senior amp betrokke was.”

Hy sê die party, die amptelike opposisie, het baie beperkte keuses gehad in sy optrede teen De Lille, vorige burgemeester van Kaapstad wat verlede jaar uit die DA bedank het.

“Daar was die verslag van die ouditeur-generaal se bevindinge, die verlaging van Kaapstad se ouditstatus weens sekere tekortkominge, interne ouditverslae en die Bowman-verslag oor beweerde onreëlmatighede wat ons optrede geregverdig het,” sê Steenhuisen.

“Ons (die DA) het twee keuses gehad:

Vir eers: Ons kon soos die ANC die kwessie onder die tafel inskop en hoop dit verdwyn. “Maar ons weet kwessies soos dié verdwyn nie. Wanneer dit na vore kom, maak dit jou seerder omdat jy dit toegesmeer het.

“Die tweede keuse was om iets aan die kwessie te doen. Dít is wat ons gedoen het,” sê Steenhuisen.

“Ons vra verskoning vir die foute wat ons met die De Lille-kwessie gemaak het. Maar, waarvoor ons nooit verskoning mag vra nie, is die feit dat ons ons eie mense in sleutelampte in DA-regerings verantwoordbaar hou op dieselfde wyse waarop ons ANC-lede verantwoordbaar hou.

As jy nié optree nie en jy hou jou blind vir die klein geraamtes, beland jy in dieselfde posisie as waarin die ANC homself bevind.

“As jy nié optree nie en jy hou jou blind vir die klein geraamtes, beland jy in dieselfde posisie as waarin die ANC homself bevind. Die klein geraamtes in die ANC het hom gekompromiteer,” sê Steenhuisen.

“Dit is hoekom pres. Cyril Ramaphosa nie kan optree teen Ace Magashule (die ANC se sekretaris-generaal), visepresident David Mabuza, oudpres. Jacob Zuma, Nomvula Mokonyane en Bathabile Dlamini nie.”

Die DA kan beter kommunikeer, maar hy moet nooit skaam of bang wees om teen sy eie lede op te tree wat nie voldoen aan die party se verwagtinge nie, sê hy.

Meer oor:  Da  |  John Steenhuisen  |  Ekurhuleni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.