Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Voormalige DA-lede kry glo geld by koalisie

Die DA in Nelson Mandelabaai het ’n ondersoek gelas na die bewering dat die nuwe koalisieregering in die metro glo onderneem het om drie voormalige DA-raadslede se salarisse te betaal.

Raadslid Athol Trollip sê in ’n verklaring dit het aan die lig gekom dat die “koalisie van korrupsie” glo onderneem het om Trevor Louw, Neville Higgins en Victor Manyati se salarisse te betaal.

Dié drie is uit hul poste onthef nadat hulle teen hul party gedraai het.

Manyati het verlede jaar tydens ’n mosie van wantroue, toe Trollip uit sy amp as burgemeester van Nelson Mandelabaai onthef is, sy stem teen die mosie weerhou.

Dit het die deurslag gegee vir Trollip se kop om te rol.

Neville Higgins, Trevor Louw, en Victor Manyati is oudraadslede van die DA. Die drie stem hier op ’n raadsvergadering vroeër teen hul party.

Kort hierna het Louw en Higgins teen die DA begin stem in die raad.

Hulle is deur middel van ’n hofbevel in die hooggeregshof in die Port Elizabeth as DA-raadslede verwyder.

Trollip sê die trio het verlede Maandag met die burgemeesterskomitee vergader om die “salaris-reddingsplan” te bespreek.

“Ná die vergadering het hulle boodskappe gestuur aan die burgemeester, onderburgemeester, speaker, die hoofsweep, en die burgemeesterskomitee.

“Die boodskap impliseer dat die burgemeesterskomitee onderneem het om teen 31 Mei Higgins, Louw en Manyati se salarisse te betaal.”

Volgens Trollip dien dit as bewys dat die drie finansiële vergoeding beloof is om die DA-regering tot sy knieë te dwing.

“Sulke gedrag is gelykstaande aan die misbruik van staatshulpbronne vir politieke gewin. Dit is net nog ’n voorbeeld van staatskaping onder ’n ANC-regering.

Trollip sê ook dit het aan die lig gekom dat die drie hul salarisse ontvang het, lank ná die hofuitspraak.

“Die DA gaan die nodige stappe doen om te verseker dat al die geld wat onreëlmatig aan die voormalige raadslede betaal is, verhaal word.

Mongameli Bobani, die burgemeester, het in reaksie gesê dat Trollip “deur sy tande lieg”.

Meer oor:  Athol Trollip  |  Da-Raadslid  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.