Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
6 toeriste dood, 100 beseer in storm in Griekeland

Minstens ses buitelanders, waaronder twee kinders, is Woensdag in Griekeland dood nadat daar 'n stormsterk wind, reën en 'n haelstorm was, terwyl sowat 100 mense beseer is.

Beeldmateriaal wys hoe die sterk wind in Halkidiki, wat ’n gewilde toeristebestemming is, woed terwyl bome ontwortel is en dakke ingestort het.

’n Romeense vrou en haar agtjarige kind is dood toe die dak van ’n restaurant by Nea Plagia ineengestort het, berig die BBC.

’n Man (39) en sy seun (2), glo van Rusland, is dood toe ’n boom op hul motor geval het, berig The Sun.

Volgens Al Jazeera is ’n bejaarde egpaar van Tsjeggië dood toe hul woonwa weggewaai het.

Minstens ses mense is in Griekeland dood, terwyl minstens 100 beseer is. Foto: Reuters

Athansios Kaltsas, direkteur van die Nea Moudania- mediese sentrum, sê dit is die eerste keer in sy loopbaan van 25 jaar dat hy so ’n storm beleef.

“Dit het so skielik en onverwags gebeur.”

Kaltsas sê die pasiënte se ouderdom wissel van agt maande tot 70 jaar. – Reuters

Meer oor:  Storm  |  Griekeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.