Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Betogers slaags met polisie in Frankryk

Die geelbaadjiebetogers het hulle Saterdag voor die Arc de Triomphe in Parys teen die polisie vasgeloop en waterkanonne is ingespan om hulle uiteen te jaag.

Meer as 30 betogers is deur die Franse polisie in hegtenis geneem.

Die vensters van ’n toprestaurant in die Champs Elysee is ook stukkend gegooi.

Christophe Castaner, minister van binnelandse sake, sê misdadige elemente het die betogings geïnfiltreer. Daarom het hy opdrag gegee dat die polisie met die nodige fermheid teenoor die “onaanvaarbare aanvalle” optree.

“Laat daar geen twyfel wees nie, die betogers soek na geweld en hulle is hier om ’n chaos in Parys te saai,” het Castaner op Twitter gesê.

Die geelbaadjiebetogers betoog al sedert begin November teen die hoë lewenskoste en petrolheffings van pres. Emmanuel Macron se regering. Macron het sedertien die petrolheffings afgeskaf.

Macron het ná die geweldpleging ’n pakket ter waarde van meer as 10 miljoen bewillig om arm werkers en pensioenarisse se inkomste aan te vul.- Reuters

’n Stalletjie waar koerante en tydskrifte verkoop word, is in vlamme nadat betogers dit Saterdag aan die brand gesteek het.Foto: Reuters
Die traanrok hang oor die Ace de Triomphe in Parys waar die geelbaadjiebetogers en polisie Saterdag slaags geraak het.Foto: Reuters
Meer oor:  Emmanual Macron  |  Parys  |  Frankryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.