Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Briefie van Utrecht-skieter dui wel op terreur

Uit ’n briefie wat ondersoekers in Utrecht, Nederland, gevind het in die motor van die man wat op ’n trem begin skiet het, weet hulle sy slagoffers was nie aan hom bekend nie en blyk dit al hoe meer dat dit ’n terreuraanval was.

Utrecht,aanval
'n Skermgreep kort voor die aanval.

Die motief van die hoofverdagte, Gökmen Tanis (37), word nog ondersoek, berig Het Nieuwsblad in Nederland, maar weens die inhoud van die briefie en “die aard van die feite” word daar algemeen gedink die rede was terreur.

Drie mense is dood en drie ernstig beseer in die aanval. Die drie wat dood is, is ’n 28-jarige van Utrecht, ’n 49-jarige man ook van Utrecht, en ’n 19-jarige vrou uit Vianen. Die beseerdes is ’n 20-jarige vrou van Utrecht, ’n 21-jarige vrou uit Nieuwegein, en ’n 74-jarige man uit De Meern.

Die voorval is aanvanklik deur die polisie beskryf as ’n terreuraanval voordat hulle die moontlikheid ondersoek het dat dit verband hou met ’n familie- of verhoudingstwis.

Ooggetuies het vertel dit het gelyk of die skieter ’n spesifieke vrou geteiken het, asook almal wat haar wou help, berig The Guardian.

Tanis het al dikwels met die polisie gebots. Sy eksvriendin sê hy is nie ’n terroris nie, maar ’n psigopaat.

Die Turks-gebore Tanis is op 1 Maart uit die tronk vrygelaat nadat hy vir verkragting gevonnis was, het die Nederlandse owerhede Dinsdag bevestig.

Hy was op 4 Maart weer in die hof in verband met roof en diefstal.

Lede van die publiek en Utrecht se burgemeester het Dinsdag bosse blomme neergesit naby die besige kruispunt waar die skietery plaasgevind het.

Op een van die ruikers was ’n boodskap in Nederlands: “Ons is almal hartseer en geskok. Utrecht is hard geslaan, reg deur die hart. Sterkte. Vrede en liefde.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.