Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May weer verslaan in laerhuis

Theresa May se Brexit-planne is weer in die Britse laerhuis verslaan en haar premierskap hang aan 'n draadjie.

Britse LP’s het Woensdagaand ‘n harde Brexit verwerp en gestem dat Brittanje die Europese Unie onder geen omstandighede sonder 'n ooreenkoms sal verlaat nie.

theresa may
Die Britse premier, Theresa May. Foto: AP

Dit is die ergste politieke krisis om Brittanje in dekades te tref.

LP’s het met 321-278 ten gunste van 'n mosie gestem om te verhoed dat Brittanje sonder 'n ooreenkoms aan die EU onttrek.

Hoewel Woensdagaand se stemmery nie wetlik bindend is nie, het dit die verdeeldheid in May se Konserwatiewe Party oor Brexit blootgelê.

May het in 'n toespraak ná die stemuitslag gesê dit is steeds beter om die EU op 'n geordende wyse en met 'n ooreenkoms te verlaat. Sy hou ook voet by stuk dat geen ooreenkoms met die EU steeds 'n opsie is. 

Die laerhuis stem Donderdag of Brexit uitgestel kan word.

Na verwagting sal 'n meerderheid LP's stem dat Brexit wél uitgestel word. 

Die dooiepunt oor hoe Brittanje die EU gaan verlaat, het Brittanje in ’n politieke krisis gedompel.

Die land het twee jaar gelede in ’n referendum gestem om die EU op 29 Maart vanjaar te verlaat, maar tot dusver kon May nie ’n ooreenkoms met die EU gesluit kry waarmee die Laerhuis tevrede is nie.

Indien LP’s Donderdagaand stem dat die EU versoek moet word om Brexit uit te stel, sal al 27 lidlande van die EU daartoe moet instem.

Die krisis oor Brexit het Brittanje nou voor verskeie scenario’s te staan gebring: Brittanje kan die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat (die sogenaamde harde Brexit), May kan ’n blitsverkiesing uitroep, vir ’n derde keer probeer om haar Brexit-ooreenkoms deur die Laerhuis aanvaar te kry of nog ’n referendum kan weer oor Brexit gehou word.

brexit
Grafika24
Meer oor:  Theresa May  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.