Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Brittanje, sê ons dan wat julle wil hê!

Brittanje moet aan die Europese Unie (EU) sê wat hy van hom wil hê, het die Duitse minister vir Europa Woensdag gesê.

“Ons is op die grens vir wat draaglik is,” het Michael Roth aan Deutschlandfunk-radio gesê.

“Ons het reeds die Brexit-ooreenkoms een keer verander om Brittanje te pas. Ons is oop en bereid om te praat, maar ons kry nie duidelike boodskappe van Brittanje oor wat hulle wil hê nie, net oor wat hulle nie wil hê nie.”

theresa may
Die Britse premier Theresa May. Foto: Reuters

Die Britse parlement het Dinsdagaand die aangepaste Brexit-ooreenkoms verwerp. Hulle stem later Woensdag of hulle die EU wil verlaat sonder ’n ooreenkoms.

Die uitstel van die spertyd van 29 Maart is moontlik, het Roth gesê, maar as dit langer is as Junie, sal die Britte weer aan die beplande verkiesings vir die Europese parlement moet deelneem.

Brittanje het Woensdag gesê hy sal invoertariewe op ’n reeks produkte ophef om ’n sogenaamde harde grens tussen Ierland en Noord-Ierland te voorkom sou geen Brexit-ooreenkoms bereik word nie.

Ingevolge hierdie tariefplan sal 87% van die totale invoer tariefvry wees. Die regering het gesê hy sal ook nie enige nuwe kontrole of beheermaatreëls instel op goedere wat van Ierland na Noord-Ierland vervoer word nie.

Dit is duidelik gemaak dat die plan tydelik en eensydig is. - Reuters

Meer oor:  Europese Unie  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.