Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Chinese vlug op pad na sonnige Kalifornië land in ysige Rusland

’n Vlug van Air China op pad na Los Angeles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het ’n noodlanding op die yskoue hawedorp Anadir in Tsjoekotka in die verre ooste van Rusland gedoen nadat ’n brandalarm in die bagasieruim van die vliegtuig afgegaan het.

Die passasiers lyk maar koud en ellendig in Tsjoekotka, Rusland, teen -6 °C pleks van die 19 °C in Los Angeles waarna hulle uitgesien het. Foto: Denis Demidov/7PavelSes

Die alarm was vals, maar passasiers en bemanning is gestrand totdat ’n vliegtuig van Beijing gestuur word om hulle verder op hul reis te neem, berig The Siberian Times.

Op Anadir het ’n koue wind gewaai en was dit -6 °C terwyl dit ’n matige 19 °C in Los Angeles was.

Die 188 passasiers het kos en iets te drinke gekry in die lughawe se gebied vir belangrike persone. Daar was ook ’n dokter op die toneel, het die adjunkgoewerneur van die gebied, Leonid Nikolajef luidens eTurboNews gesê.

Anadir het 15 500 inwoners.

Passasiers lê in die lughawe op Tjoekotka in Rusland. Foto: Denis Demidov/7PavelSes

Meer oor:  Kalifornië  |  China  |  Rusland  |  Vliegtuig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.