Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
DRK swaar getref deur ebola-virus

Sedert ebola in Augustus in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) uitgebreek het, is meer as 1 600 mense positief daarvoor getoets.

The Guardian berig dié epidemie kan so ernstig wees soos die uitbreking wat tussen 2013 en 2016 in drie lande in Wes-Afrika voorgekom het.

Gewapende konflik en vals nuus kelder pogings om die verspreiding daarvan te beperk, berig Express.

Polisie en soldate het die naweek ’n aanval op ’n ebola-behandelingsentrum in die ooste van die DRK afgeweer.

Een van die aanvallers van die Mai-Mai-rebellegroep is in die voorval doodgeskiet.

Sylvain Kanyamanda, burgemeester van Butembo, sê veiligheidsmagte het die aanvallers verhoed om binne ’n omtrek van sowat 40 m van die gesondheidsentrum te kom waar ebola-pasiënte behandel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.