Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Duisende herdenk slagoffers van moskee-aanval
rou
Mense kyk na Vrydag-biddiens in Hagleypark in Christchurch, Nieu-Seeland. Mense van oraloor in die land eer die Moslem-beroep op gebed ter nagedagtenis aan die 50 mense wat doodgeskiet is by moskees. Foto: Mark Baker/AP

Duisende mense het Vrydag gereageer op Moslems se oproep tot gebed en landwyd twee minute se stilte waargeneem ter herdenking aan die 50 mense wat in ’n aanval op twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, dood is.

Mense het in Hagley Park in Christchurch byeengekom en dit is landwyd op TV en radio uitgesaai op versoek van Jacinda Ardern, premier. Sy was op die saamtrek sowat 500 m van die Al Noor-moskee waar 42 mense doodgeskiet is.

Nog seremonies ter herinnering aan die slagoffers is vir die res van Vrydag beplan. Baie van die mense wat in Christchurch bymekaar gekom het, het van oral in Nieu-Seeland en wêreldwyd na die stad gereis.

Imran Khan, eerste minister van Pakistan, het die seremonie in Hagley Park met vier vriende bygewoon.

Hy het gesê dit is belangrik om ondersteuning te toon aan sy vriend Ashaf Azad se familie. Hy was een van die 50 wat vermoor is in wat Ardern ’n “terroristeaanval” genoem het.

“Elke keer as jy na die moskee kyk, kry jy die prentjie van hoe dit moes gewees het vir die mense wat op daardie oomblik (tydens die aanval) daar was,” het ’n emosionele Kahn aan Al Jazeera gesê.

“Die ondersteuning wat ons kry van ander groepe in die gemeenskap is ongelooflik. Dit wys dat godsdiens nie alles is nie, dit is die liefde en eenheid wat saak maak, mense laat hul stem daarvoor hoor,” het Kahn gesê.

Ahmed Osman, wat gereeld in Al Noor bid en wie se neef in die aanval dood is, het gesê die aanvaller het nie in sy doel – om groepe in die gemeenskap uitmekaar te dryf – geslaag nie. “Van nou af gaan ons mekaar meer ondersteun. Ons gaan saamstaan as mense van Christchurch.

Duisende nie-Moslems het die seremonie in ’n see van stilte bygewoon agter die gebedsterreine naby ’n kordon polisiebeamptes wat toegang tot die moskee versper het.

Baie vroue van verskillende agtergronde het kopdoeke gedra uit eensgesindheid met die Moslemgemeenskap.

Vroeër die dag is nog ’n slagoffer begrawe en daar word verwag dat nog 26 begrafnisse Vrydagmiddag gehou sal word.

’n Optog vir Liefde word vir Saterdag in die stad beplan. Daar word verwag dat albei moskees, Al Noor en Linwood, ook Saterdag sal heropen. – News24

Meer oor:  Nieu-Seeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.