Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
EU stem in tot uitstel van Brexit

Theresa May, Britse premier, en die Europese Unie (EU) het ná 'n marathon-onderhandelingsessie tot 'n vergelyk oor Brexit gekom.

Die EU het ingestem om Brexit tot 22 Mei uit te stel, berig die BBC, nadat Brittanje die EU aanvanklik 29 Maart moes verlaat.

May sal egter terug Brittanje toe moet gaan nadat sy 'n ooreenkoms in Brussel bewerkstellig het sodat sy LP's kan oorreed om haar ooreenkoms te ondersteun. Indien LP's nie May se ooreenkoms ondersteun nie, sal die EU Brittanje net tot 12 April gee om hul Brexit-planne in orde te kry, berig The Guardian.

Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, sê die EU is steeds gereed op die moontlikheid dat 'n ooreenkoms nie bereik gaan word nie, berig CNN.

May het die EU se besluit Vrydag verwelkom en gesê LP's in die parlement het nou duidelike keuses oor wat die volgende stap moet wees.

"Ek hoop ons kan almal saamstem dat ons nou moet besluit," het May volgens Reuters ná die vergadering met EU-leiers gesê.

Meer oor:  Theresa May  |  Jean-Claude Juncker  |  Europa  |  Brittanje  |  Europese Unie  |  Brussel  |  Ooreenkoms  |  Brexit  |  Uitstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.