Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Geen misdaad vermoed ná 2 se dood in Antarktika
Die McMurdo-navorsingstasie in Antarktika. Foto: Reuters

Die Amerikaanse wetenskapstigting (NSF) sê hy vermoed geen misdaad nie nadat twee Amerikaanse NSF-subkontrakteurs vandeesweek by sy navorsingsentrum in Antarktika dood is.

Hulle het instandhoudingswerk gedoen by ’n gehou wat ’n kragopwekker vir ’n radiosender huisves.

Die bemanning van ’n helikopter het rook by die gebou sien uitborrel en het geland om ondersoek in te stel.

Een tegnikus is dood aangetref en die ander een is later in die mediese sentrum op die McMurdo-basis dood. Hulle was brandveiligheid-tegnici.

Ondersoekers probeer nog vasstel wat gebeur het.

– Reuters

Meer oor:  Antarktika  |  Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.